Die Orangisme of prinsgesindheid was 'n politieke stroming in die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande (1588-1795). Die prinsgesindes (Pro-prins stroming) staan gedurende hierdie tydperk in opposisie teen die staatsgesindes (Pro-republikeinse stroming). Orangiste het die prinse van Oranje as stadhouers ('n posisie wat deur lede van die Huis van Oranje gehou is) en militêre bevelvoerders van die Republiek ondersteun as 'n teenwig teenoor die mag van die Regente.

Hierdie tweeledigheid in die jong republiek kan gesien word as 'n politieke voortsetting van die teenstrydigheid tussen Remonstrante (Pro-republikeinse stroming of staatsgesindes) en kontra-remonstrante (prinsgesindes) tydens die twaalfjarige skietstilstand van die Tagtigjarige Oorlog. Die Remonstrante was republikeine en het meer klem gelê op verdraagsaamheid; hulle het byvoorbeeld 'n losser interpretasie van die Bybel voorgestaan, en het nie in voorbestemming geglo nie. Die Remonstrante (Pro-republikeinse stroming of staatsgesindes) is gelei deur mans soos Johan van Oldenbarnevelt. As teenstander van Oldenbarnevelt het prins Maurits van Oranje hom by die kontra-remonstrante (Pro-prins stroming of prinsgesindes), oftewel teen-betogers, aangesluit wat hom ondersteun het in sy eise vir 'n Nederlandse stadhouer.

Burgeroorlog het selfs op 'n tyd gedreig. Die staatsgesindes is gekenmerk deur omsigtigheid - veral in alle sake wat die handel kan benadeel - die beweging het sy ondersteuners veral in die regerende klas en Regente gehad. Raadspensioenaris Johan de Witt was die leier van die staatsgesindes/pro-republikeine. Dit was de Witt wat in 1654 tydens die vrede met Engeland (en sy geesverwant Oliver Cromwell) 'n geheime Akte van Seclusie laat opneem het wat die Republiek verbied het om 'n lid van die Huis van Oranje as stadhouer aan te stel. De Witt het toe al sewe 'Provinsies' onder druk geplaas om hierdie akte te onderteken. Die prinsgesindes is gelei deur die stadhouer en leiers soos Cornelis Tromp. Hulle het 'n belangrike rol gespeel in die uitsetting van die De Witt-broers. Op 20 Augustus 1672 het dit gelei tot die georganiseerde moord op die De Witt-broers. Hulle word ge-lynch op die Groene Zoodje naby die Haagse Binnenhof.

LiteratuurWysig

  • BAARTMANS, Alexander Philip van der Capellen (1745-1787). De tragische lotgevallen van een dienaar van prins Willem V, Hilversum, Verloren,
  • KOENE, Oranjeman Suideras (1743-1811). Een leven zo nder toegeeflijkheid, Hilversum, Verloren,
  • Laurien HANSMA, Oranje driften, Hilversum, Verloren, 2019.

Sien ookWysig