Klariste
(Aangestuur vanaf Orde van Sint Klara)
Die Klariste (Engels: Poor Clares), amptelik die Orde van sint Klara (Latyn: Ordo sanctae Clarae) en ook bekend as die Tweede Orde van Sint Franciskus, is lede van ’n godsdiensorde vir nonne in die Rooms-Katolieke Kerk. Dit is die tweede Franciskaanse orde wat gestig is – op Palmsondag in 1212 deur die heiliges Klara van Assisi en Franciskus van Assisi.
Die Klariste is georganiseer volgens die struktuur van die Franciskaanse Orde (die eerste orde). In 2011 was daar meer as 20 000 Klariste in meer as 75 lande reg oor die wêreld.
Die Klariste volg die Reël van Sint Klara, wat die dag voor haar dood in 1253 deur pous Innocentius IV goedgekeur is, maar het verskillende voorskrifte en word in federasies georganiseer.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Poor Clare Sisters: Surrounding the World with Prayer". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2016. Besoek op 18 Oktober 2016.
Eksterne skakels
wysig- Poor Clares Amptelike webtuiste in die VSA
- The Catholic Encyclopedia: The Poor Clares
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klariste.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia