Die Oribigeelbos (Leucadendron spissifolium subsp. oribinum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal waar dit voorkom vanaf die Oribivlakte tot by Mkambati.

Oribigeelbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. s. oribinum
Binomiale naam
Leucadendron spissifolium oribinum
I.Williams, (1972)

Die struik word tot 1.5  hoog en spruit weer uit na 'n brand. Die struik blom van Oktober tot November. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op steil hellings op hoogtes van 300 - 500 m.

In Engels staan dit as die Oribi Spear-leaf conebush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig