Gustav
Gustav op 29 Augustus 2008
Gustav op 29 Augustus 2008
Orkaan, tweede kategorie
 Tydstip: 17h00 UTC, 1 September
 Ligging: 29,6° NB, 91,1° WL
 Windsnelheid: 165 km/uur
 Lugdruk: 957 mbar
 Koers: noord-west, 24 km/uur

Orkaan Gustav is 'n orkaan wat op 25 Augustus 2008 tydens die Atlantiese orkaanseisoen van 2008 oor die Karibiese gebied ontstaan het en tot 'n kategorie 3 orkaan gegroei het.

Voorspelling vir die komende 5 dae (vanaf 30 Augustus 2008).

Gustav trek oor Haïti, die Dominikaanse Republiek en Jamaika waar dit 85 lewens eis. Daarna neem Gustav koers na die Kaaimanseilande en Kuba. In Kuba word 6 000 mense uit die pad van die orkaan ontruim. Olieplatforms in die Golf van Mexiko word ook ontruim.[1][2][3]

New Orleans en omliggende gebiede

wysig

Orkaan Gustav het die Amerikaanse kus op 1 September 2008 getref. Sowat 2 miljoen mense is as voorsorg uit die gebied ontruim.[4] Kort voordat die orkaan New Orleans getref het, is dit tot 'n kategorie 2-orkaan afgeskaal.

Sien ook

wysig
  • Orkaan Katrina, storm wat in Augustus 2005 meer as 1 800 menselewens geëis het.

Verwysings

wysig
  1. Gustav word tropiese sikloon Geargiveer 1 September 2008 op Wayback Machine ANP/NU.nl, 29 Augustus 2008 21:49
  2. Gustav swel aan Die Telegraaf, 30 Augustus 2008 14:14
  3. Gustav as sware hurricane richting New Orleans Geargiveer 1 September 2008 op Wayback Machine, KNMI, 30 Augustus 2008.
  4. Orkaan Gustav tref VSA Geargiveer 2 September 2008 op Wayback Machine, Beeld, besoek op 1 September 2008

Eksterne skakels

wysig