Orontes
Die Orontes (van die Griekse Ὀρόντης, Oróntēs) of Asi (Arabies: العاصي, al-‘Āṣī) is 'n rivier van 571 km in Wes-Asië. Dit begin in Libanon, vloei noordwaarts deur Sirië en vloei dan naby Samandağ in Turkye in die Middellandse See.[1]
As die belangrikste rivier in die Noord-Levant was die Orontes die terrein van verskeie groot veldslae. Een van die belangrikste stede aan die rivier is Antakya (die antieke Antiogië, wat ook bekend was as "Antiogië aan die Orontes").
Hoofbron
wysigAin ez Zarqa (ook gespel Ayn ez Zarqa of Ain-el-Zerqa) is 'n natuurlike karstfontein suid van Hermel in die Beqaa-provinsie, in sentraal-Libanon geleë. Dit produseer gemiddeld 3 435 liter per sekonde en is die hoofbron van die Orontesrivier. As gevolg van sy swaar vloei word dit gekenmerk as 'n eerste-grootte fontein.[2][3][4]
Dit sit onder die grotte by Deir Mar Maroun, 'n antieke klooster wat uitgekap is in die kranse wat die bron omring. Smeltende sneeu vanaf hierdie nabygeleë hoogtes vul die fontein se groot natuurlike grondwaterreservoir aan. Daar word beraam dat die fontein se reservoir soveel as 10 miljard kubieke meter berging bevat. Gevolglik is sy vloei minder deur oorpomping en droogte beïnvloed as ander fonteine in die Orontes-rivierkom.[5][6]
Verwysings
wysig- ↑ "Asi-Orontes Basin". Food and Agriculture Organization of the United Nations. 2016. Besoek op 18 Maart 2018.
- ↑ Paul Doyle (1 Maart 2012). Lebanon. Bradt Travel Guides. pp. 215–. ISBN 978-1-84162-370-2. Besoek op 15 Oktober 2012.
- ↑ Scheffel, Richard L.; Wernet, Susan J., reds. (1980). Natural Wonders of the World. United States of America: Reader's Digest Association, Inc. p. 34. ISBN 0-89577-087-3.
- ↑ Steiner, Margreet L.; Killebrew, Ann E. (16 Januarie 2014). The Oxford Handbook of the Archaeology of the Levant: c. 8000-332 BCE (in Engels). OUP Oxford. p. 376. ISBN 9780191662546.
- ↑ Michel M. Alouf; Tedd St Rain (1999). History of Baalbek. Book Tree. pp. 49–. ISBN 978-1-58509-063-1. Besoek op 15 Oktober 2012.
- ↑ Stevanović, Zoran; Krešić, Neven; Kukurić, Neno (14 April 2016). Karst without Boundaries (in Engels). CRC Press. pp. 54–57. ISBN 9781498787734.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Orontes.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.