Oryx and Crake
Oryx and Crake is 'n distopiese roman wat deur die Kanadese outeur Margaret Atwood geksryf is. Alhoewel die roman se genre algemeen as apokaliptiese wetenskapsfiksie beskou word verskil Atwood deur dit eerder as spekulatiewe fiksie te bestempel. Dit is die eerste keer in 2003 gepubliseer en is in dieselfde jaar gekortlys vir die Gemenebes se Booker-prys. Oryx and Crake vorm deel van 'n trilogie, en word opgevolg deur The Year of the Flood (2009) en Maddaddam (2013). As geheel word hierdie trilogie tans deur Darren Aronofsky in 'n HBO televisie-minireeks verwerk onder die naam Maddaddam.
Oryx and Crake
| |
---|---|
Skrywer | Margaret Atwood |
Land | Kanada |
Taal | Engels |
Genre | Spekulatiewe fiksie, wetenskapfiksie |
Uitgewer | McClelland and Stewart (Kanada) Bloomsbury (VK) Doubleday (VSA) |
Uitgegee | Mei 2003 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
ISBN | 0-7710-0868-6 |
Vervolg | The Year of the Flood, Maddaddam |