Oseaniese tale
Die Oseaniese tale vorm die oostelike tak van die Maleis-Polinesiese tale. Dit omvat omtrent 450 tale wat deur sowat twee miljoen mense in die streke Melanesië, Mikronesië en Polinesië gepraat word. Die Mikronesiese en die Polinesiese tale vorm die twee bekendste en belangrikste taalgroepe. Die Oseaniese tale is ná die streek Oseanië genoem.
Oseaniese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Melanesië, Mikronesië, Polinesië |
Genetiese klassifikasie: |
Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Oseaniese tale |
Onderafdelings: | |
Takke van die Oseaniese tale: |
Die Mikronesiese tale word deur sowat 430 000 mense gepraat en sluit Kiribaties, Marshallees en Nauruaans in.
Die Polinesiese tale word deur sowat 900 000 mense gepraat en sluit Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Niuies, Rapa Nui, Samoaans, Tahitiaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans in.
Die mees gebruikte Sentraal-Oseaniese taal is Fidjiaans met sowat 660 000 sprekers.
Bronne
wysig- (en) Nordhoff, Sebastian; Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin, reds. (2017). "Oceanic". Glottolog. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|chapterurl=
geïgnoreer (hulp) - (en) Lynch, John; Ross, Malcolm; Crowley, Terry (2002). The Oceanic Languages. Richmond, Surrey: Curzon. ISBN 978-0-7007-1128-4. OCLC 48929366.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oseaniese tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Oceanic". Ethnologue. Besoek op 23 Februarie 2018.
- (en) "Oceanic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 23 Februarie 2018.