Bietou
Die bietou (Osteospermum moniliferum) – ook bekend as die boetabessie – is 'n meerjarige struik wat blom in die lente. Dit is 'n groot, geharde struik, of soms klein bomompie, met 'n grysgroen loof en geel madeliefieblomme en kan ook as 'n klein boompie voorkom. Die struik kan gebruik as 'n heining of windskerm, en word ook aangeplant aan die kus om sandduine te stabiliseer. Dit verkies son en matige water. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.
Bietou | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Osteospermum |
Spesie: | O. moniliferum
|
Binomiale naam | |
Osteospermum moniliferum (L.), (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Die naam bietou word egter ook vir sommige ander spesies gebruik.[1] Die boom se FSA-nommer is 736.1.[2]
Subspesies
wysigDaar is vyf subspesies:
- Osteospermum moniliferum subsp. canescens (DC.) J.C.Manning & Goldblatt
- Osteospermum moniliferum subsp. moniliferum
- Osteospermum moniliferum subsp. pisiferum (L.) J.C.Manning & Goldblatt
- Osteospermum moniliferum subsp. rotundatum (DC.) J.C.Manning & Goldblatt
- Osteospermum moniliferum subsp. septentrionale (Norl.) J.C.Manning & Goldblatt
Vrugte
wysigDie vrugte is heeltemal buitegewoon vir dié familie en enig onder die Suid-Afrikaanse Asteraceae familie omdat hulle vlesig en eetbaar is. Die vrugte was voorheen 'n bron van voedsel vir die Khoimense. Die vrugte is sowat 6 mm in deursnee en word pers wanneer hulle volwasse is.
Galery
wysig-
Anatomie
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Chrysanthemoides monilifera. |
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online