Othonna linearifolia
Plantspesie
Othonna linearifolia is 'n struik wat endemies aan die Wes-Kaap is. Die spesie kom voor by Mamre en Atlantis en is deel van die fynbos. Daar was nie veel bekend omtrent die plant nie tot 2010 toe 'n subpopulasie ontdek is nadat indringerplante van 'n privaat eiendom verwyder is. Daar is later nog twee subpopulasies ontdek naby Mamre, die een is veilig in 'n natuurreservaat. Die plant het 'n voorkomsgebied van 42 km². Dit word bedreig deur indringerplante en agteruitgang van sy habitat soos brandhout versameling.
Othonna linearifolia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Othonna |
Spesie: | O. linearifolia
|
Binomiale naam | |
Othonna linearifolia (DC.) Sch.Bip., (1844)
| |
Sinonieme | |
|