Othonna retrorsa
Plantspesie
Othonna retrorsa is 'n plant wat endemies aan die Noord-Kaap is en kom in Namakwaland tussen Springbok, Hondeklipbaai en Kamieskroon voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 3 035 km² en is deel van die Sukkulente Karoo-plantegroei.
Othonna retrorsa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Othonna |
Spesie: | O. retrorsa
|
Binomiale naam | |
Othonna retrorsa DC., (1838)
|
Die plant het twee subspesies:
- Othonna retrorsa var. retrorsa
- Othonna retrorsa var. spektakelensis (Compton) G.D.Rowley