Kamieskroon
Kamieskroon is 'n dorpie in die hartjie van Namakwaland, sowat 67 km suid van Springbok en 46 km noord van Garies in die Noord-Kaap, Suid-Afrika geleë.
Kamieskroon | |
---|---|
Die NG kerk op Kamieskroon | |
Koördinate: 30°12′S 17°56′O / 30.200°S 17.933°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Kamiesberg |
Stigting | 1924 |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,78 km2 (3,39 vk. myl) |
Hoogte | 750 m (2 460 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 893 |
• Digtheid | 102/km2 (260/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 13.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Bruin mense | 76.1% |
• Swart mense | 10.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.9% |
• Tswana | 1.5% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 8241 |
Skakelkode | 027 |
Geskiedenis
wysigDit het in 1924 ontstaan toe die hele dorpie Bowesdorp 7 km suid hierheen verskuif is weens laasgenoemde se ligging in 'n smal kloof waar daar 'n gebrek aan water was. Die eerste NG gemeente in Namakwaland is in 1850 op Bowesdorp gestig, maar ná die verskuiwing het Kamieskroon sy eie NG gemeente in 1938 gekry. Die kerkgebou van klip in die middel van die dorp is 'n besonderse kenmerk van Kamieskroon. Die Khoi het na die omliggende berge as "Thamies" verwys. Die koppie by die dorp het 'n eienaardige piek wat aan 'n kroon herinner. Vandaar die naam.
Suid van die dorp, langs die pad na Garies, is die graf van 'n gesneuwelde Britse soldaat, lt. Charles Darter, te sien. Die N7 nasionale pad gaan deur Kamieskroon.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kamieskroon". Sensus 2011.