Garies
Garies is 'n dorpie in Namakwaland aan die voet van die Kamiesberg, sowat 46 km suid van Kamieskroon en 146 km noordwes van Vanrhynsdorp. Die dorp het 'n hotel en 'n brandstofvulstasie asook 'n hoërskool en 'n laerskool (laasgenoemde in die buurt Mooi-uitsig). Dit is die dienssentrum van 'n welvarende skaapboerderygebied. Die N7 nasionale pad gaan deur Garies.
Garies | |
---|---|
Garies, soos gesien in 1991 van oorkant die N7-nasionale pad. | |
Koördinate: 30°33′28″S 17°59′22″O / 30.55778°S 17.98944°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Kamiesberg |
Stigting | 1845 |
Oppervlak | |
• Totaal | 69,44 km2 (26,81 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 105 |
• Digtheid | 30/km2 (80/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 79.1% |
• Swart mense | 9.0% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.0% |
• Ander | 1.2% |
Poskode (strate) | 8220 |
Skakelkode | 027 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is omstreeks 1845 op die plaas Goedverwagting, wat ook die dorp se eerste naam was, aangelê. Die huidige naam is aan die dorp gegee deur die voormalige eerste minister van die Kaapkolonie John X. Merriman. Die NG gemeente is in 1904 van die moedergemeente Namakwaland afgestig. Ds. Coert du Buisson word op 15 Januarie 2011 in die NG gemeente Garies bevestig en ontvang. Hy lewer sy intreepreek op 16 Januarie 2011.
Die dorp se naam is afkomstig van 'n Khoi-woord wat "kweekgras" beteken.
Die hede
wysigDie dorp het bekendheid verwerf weens die sakebedrywighede van sy bekendste inwoner, Adriaan Nieuwoudt. Die geskatte bevolking in 2007 was 1 418, sowat 40 minder as in 1996.
In die lente spog Garies met 'n kleurryke blommeprag. Tydens hierdie seisoen lok die dorpie, wat dan as die "Poort na Namakwaland" optree, talle toeriste met sy blommefeeste.
Bekende boorlinge
wysig- Abraham de Klerk, 'n sendeling van die NG Kerk in Ceylon.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Garies". Sensus 2011.