Old Mutual
Old Mutual (voormalig die Suid-Afrikaanse Onderlinge Lewensversekeringsgenootskap, oftewel in Engels die South Africa Mutual Life Assurance Association) is 'n internasionale versekerings- en beleggingsbestuursmaatskappy. Die maatskappy is aanvanklik in Suid-Afrika gestig en gebaseer en het op die Suid-Afrikaanse mark gefokus. Dit is teenwoordig egter in Londen gebaseer. Volgens markkapitalisasie is Old Mutual die grootste finansiële maatskappy wat op die JSE genoteer is. Die maatskappy is ook gelys op die FTSE-100-indeks.
Old Mutual | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 1845 (Kaapstad, Kaapkolonie) |
Hoofkantoor | Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Patrick O'Sullivan (voorsitter van die Raad) Bruce Hemphill (hoof uitvoerende beampte) |
Produkte | Lewensversekering, spaargeld en beleggings, batebestuur-, bank-en korttermynversekering |
Inkomste | £19 810 miljoen[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | $1 612 miljoen[1] (2013) |
Netto inkomste | $983 miljoen[1] (2013) |
Werknemers | 56 812[2] (2013) |
Webwerf | www |
Die maatskappy besit bates in die Verenigde Koninkryk en in die Verenigde State van Amerika. Die maatskappy se Suid-Afrikaanse bates sluit in Nedbank (Suid-Afrika se vierde grootste bankgroep) en Mutual & Federal (die tweede grootste eiendoms- en risikoversekeraar in die land). Dit het ook kleiner bedrywighede in Namibië, Kenia, Malawi, Eswatini en Zimbabwe.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Preliminary Results 2013" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 April 2014.
- ↑ "Old Mutual Fast Facts" (in Engels). Oldmutual.com. 31 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2019. Besoek op 15 April 2014.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webwerf
- Amptelike VSA-webwerf Geargiveer 6 November 2006 op Wayback Machine