Oubergpas (Montagu)
Oubergpas is 'n bergpas in die Waboomsberge op die grondpad (PO294), noordoos van Montagu, na Touwsrivier. Die pas is 7.8 km lank en daar is 38 draaie, kronkels en skerpdraaie. Die verskil tussen die hoogste en laagste punt is 497m en dit het 'n gemiddelde helling van 1:16. Die pas is toeganklik vir alle tipe voertuie.