Ozark (TV-reeks)

Ozark is 'n Amerikaanse misdaaddramareeks vir televisie wat deur Bill Dubuque en Mark Williams vir Netflix geskep is.[1] Die hoofakteurs is Jason Bateman en Laura Linney as Marty en Wendy Byrde, 'n getroude paar wat saam met hulle gesin na die Ozarkplato verhuis om geld te was vir 'n Mexikaanse dwelmkartel.[2][3]

Ozark
Genre
  • Misdaaddrama
  • Riller
Geskep deur
  • Bill Dubuque
  • Mark Williams
Met
Oorsprong VSA
Taal Engels
Aantal seisoene 4
Aantal episodes 44
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Jason Bateman
  • Chris Mundy
  • Bill Dubuque
  • Mark Williams
Venue(s) Georgia, VSA
Kinematografie
  • Pepe Avila del Pino
  • Ben Kutchins
  • Michael Grady
  • Armando Salas
  • Manuel Billeter
  • Shawn Kim
  • Attila Szalay
  • Eric Koretz
Produksiemaatskappy
  • MRC Television
  • Aggregate Films
  • Zero Gravity Management
  • Headhunter Films
  • Man, Woman & Child Productions
Uitsending
Oorspronklike kanaal Netflix
Oorspronklike lopie 21 Julie 2017 (2017-07-21) – 29 April 2022 (2022-04-29)
Jason Bateman
Laura Linney
Julia Garner

Bateman is ook 'n regisseur en uitvoerende vervaardiger van die reeks.[4] Die eerste seisoen is op 21 Julie 2017 uitgereik,[5][6] die tweede seisoen op 31 Augustus 2018[7] en die derde seisoen op 27 Maart 2020.[8][9] Die eerste drie seisoene bestaan uit 10 episodes elk. In Junie 2020 is die reeks hernu vir 'n vierde en finale seisoen van 14 episodes, wat in twee dele verdeel is. Die eerste deel is op 21 Januarie 2022 uitgereik[10][11] en die tweede deel op 29 April 2022.[12]

Ozark het deurentyd positiewe resensies gekry vir die toon, regie, produksiewaardes en toneelspel, veral dié van Bateman, Linney en Julia Garner. Bateman het 'n Emmy gewen vir sy regie in 2020 en Garner drie Emmys vir vroulike byspeler in 'n dramareeks in 2019, 2020 en 2022.

Storielyn

wysig

Nadat 'n geldwasskema vir 'n Mexikaanse dwelmkartel skeefgeloop het, stel die finansiële raadgewer Marty Byrde voor hy stel dit reg deur 'n groter geldwasskema in die gebied van die Meer van die Ozarks in Sentraal-Missouri te begin. Marty trek saam met sy gesin uit Chicago na die afgeleë someroord Osage Beach.[13] Toe die Byrdes in Missouri aankom, raak hulle deurmekaar met plaaslike misdadigers, insluitende die Langmore- en die Snell-gesin, en later die Kansas City-mafia.[6]

Vervaardiging

wysig

Ontwikkeling

wysig

Ozark speel af in 'n nederige waterfrontoord by die Meer van die Ozarks.[14] Om die reeks so realisties moontlik te maak is 'n FBI-agent en 'n finansiële kenner se hulp ingeroep.[15]

Verfilming

wysig

Die meeste tonele is geskiet in die Atlanta-gebied van die Allatoona- en die Lanier-meer, eerder as by die Meer van die Ozarks, vanweë belastingoorwegings.[16] Die restaurant JD's aan die Canton-meer in Georgia is gebruik vir die ligging van die Blue Cat Lodge.[17]

Rolverdeling

wysig
  • Jason Bateman is Marty Byrde, 'n finansiële raadgewer wat vir homself werk en uit Chicago na die gebied van die Meer van die Ozarks verhuis. In 2007 begin hy en sy sakevennoot geld vir 'n Mexikanse dwelmkartel was.[4]
  • Laura Linney is Wendy Byrde (gebore Davis), Marty se vrou en 'n reklameagent vir politieke veldtogte.[3]
  • Sofia Hublitz is Charlotte Byrde, Marty en Wendy se dogter.[4]
  • Skylar Gaertner is Jonah Byrde, Marty en Wendy se tienerseun.
  • Julia Garner is Ruth Langmore, 'n jong vrou wad lid van 'n plaaslike misdadigerfamilie is.[13]
  • Jordana Spiro is Rachel Garrison, die eienaar van die Blue Cat Lodge en Marty se teensinnige sakevennoot; later Ruth se sakevennoot.[18]
  • Peter Mullan is Jacob Snell, 'n gevestigde plaaslike vervaardiger van heroïen en die gebied se misdaadbaas.
  • Lisa Emery is Darlene Snell, Jacob se vrou en vennoot in die heroïenbesigheid.[19]
  • Charlie Tahan is Wyatt Langmore, Russ se oudste seun en Ruth se neef.
  • Janet McTeer is Helen Pierce, 'n prokureur van Chicago wat die Navarro-kartel verteenwoordig.[19]
  • Tom Pelphrey is Ben Davis, Wendy se broer met bipolêre gemoedsteuring.[19]
  • Felix Solis is Omar Navarro, leier van die dwelmkartel waarvoor die Byrdes geld was.[19][20]
  • Alfonso Herrera is Javier "Javi" Elizondro, Navarro se heethoofdige susterskind en vermoedelike erfgenaam van die kartel.[20]

Episodes

wysig
      Seisoen   Episodes  Uitgereik
1 10 21 Julie 2017 (2017-07-21)
2 10 31 Augustus 2018 (2018-08-31)
3 10 27 Maart 2020 (2020-03-27)
4 14 (7+7) 21 Januarie 2022 (2022-01-21), 29 April 2022 (2022-04-29)

Seisoen 1

wysig
 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 "Sugarwood" Jason Bateman Bill Dubuque, Mark Williams 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Marty Byrde en sy vennoot, Bruce Liddell, is finansiële raadgewers wat in Chicago gebaseer is en geld vir 'n Mexikaanse dwelmkartel was. Bruce en die eienaars van die vragmotormaarskappy verduister $8 miljoen, wat meebring dat Del vir Bruce, Bruce se verloofde en die eienaars van die vragmotormaatskappy vermoor. Om sy eie lewe te red gebruik Marty 'n promosiepamflet wat Bruce vir hom gewys het as inspirasie vir 'n bewering dat die Ozarks 'n goeie moontlike plek vir geldwassery is en dat hy, as sy lewe gespaar word, $500 miljoen in vyf jaar sal was. Marty kry 'n paar dae om die geld wat Bruce gesteel het, terug te betaal. Hy doen dit deur al sy persoonlike bates te verkoop en al die maatskappy se rekeninge te sluit. Marty kry opdrag om met sy gesin na die Ozarks te verhuis en te bewys dat hy soveel geld in drie maande kan was. Marty se vrou, Wendy, het 'n affair met Gary "Sugarwood" Silverberg. Sy volg sy raad om Marty te verlaat en hulle twee kinders en soveel geld te vat as wat sy in die hande kan kry. As 'n waarskuwing dat Wendy die gesin bymekaar moet hou laat Del vir Silverberg vermoor.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 "Blue Cat" Jason Bateman Bill Dubuque, Mark Williams 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Wendy, Marty en hulle kinders kom in die Ozarks aan en begin plaaslike inwoners ontmoet, insluitende verskeie lede van die Langmore-familie, wat by die hotel werk waar hulle bly. Marty probeer plaaslike besighede vind waarin hy kan belê sodat hy kan begin om geld vir die kartel te was. Wendy soek intussen huis. Charlotte en Jonah voronagsaam hulle ouers se opdrag om die hotelkamer te bewaak omdat Charlotte vir 'n streek deur die neef en niggie Ruth en Wyatt Langmore val. Ruth gaan in die hotelkamer in en steel deel van die $8 miljoen wat Marty veronderstel is om te was. Marty waag sy lewe om die geld van Ruth, Wyatt en ander Langmores terug te kry, maar dit is duidelik hulle sal aanhou probleme veroorsaak. Die FBI ontdek die oorskot van Bruce en dié wat saam met hom vermoor is, en dit maak hulle agterdogtig oor Marty se skielike verhuising uit Chicago. Agent Roy Petty volg Marty na die Ozarks, oortuig dat hy op 'n manier betrokke is. Marty oorweeg selfmoord sodat Wendy lewensversekering kan eis en met die kinders kan vlug, maar verander van plan toe hy uitvind die Blue Cat Lodge is 'n moontlike plek om in te belê.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
3 "My Dripping Sleep" Daniel Sackheim Ryan Farley 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Die Byrdes trek in 'n waterfronthuis in terwyl die terminaal siek oudeienaar, Buddy, in die kelder intrek. Die FBI-agent Trevor Evans, Roy se ekskêrel, volg Roy se instruksies om die Byrdes te nader. Hulle is nie geïntimideerd nie en hou vol hulle is onskuldig. Die Byrdes word daarop gewys dat Bruce, terwyl hy geld verduister het, ook 'n FBI-informant was. Charlotte en Jonah hoor die ware rede hoekom hulle na die Ozarks verhuis het, en Jonah doen aanlyn navorsing om meer oor die kartel uit te vind. Wendy kry 'n werk. Marty begin aktiwiteite by die Blue Cat, ondanks die agterdog van Rachel, die primêre eienaar. Ruth gebruik haar kennis van die Byrdes se kontant om Marty te oorreed om haar as skottelgoedwasser by die Blue Cat in diens te neem. Sy sê vir haar neefs en ooms haar plan is om meer uit te vind van Marty se geldwasoperasie, en hom dan te vermoor en die geld te vat.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
4 "Tonight We Improvise" Daniel Sackheim Paul Kolsby 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Marty samel inligting in oor Lickety Splitz, 'n ontkleeklub wat geld verloor, want hy wil dit gebruik om geld te was. Marty huur Ruth om in die Lickety Splitz se kluis in te breek. Roy hou Marty by die Blue Cat dop en ontwikkel 'n belangstelling in Russ Langmore, Wyatt se pa en Ruth se oom. Bobby Dean, die eienaar van Lickety Splitz, word in hegtenis geneem en Marty kry toegang tot die kluis. Hy betaal Bobby se borgtog en gebruik die inligting van die kluis om Bobby te dwing om die klub te verkoop. Dit blyk Jacob en Darlene Snell is groot heroïenhandelaars vir wie Bobby geld gewas het. Hulle vermoor Bobby omdat hy die klub verloor het en om hulle dwelmsaak geheim te hou. Marty deel sy besigheidsgeheime met Jonah, insluitende hoe om nuwe geld oud te laat lyk.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
5 "Ruling Days" Andrew Bernstein Martin Zimmerman 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Bobby se liggaam duik by die Byrdes se bootvasmeerplek op, en hulle probeer dit onoortuigend as 'n ongeluk verduidelik. Toe sherriff Nix die verkoopsdokumente van die ontkleeklub sien, besef hy hy het geen bewyse dat die Byrdes 'n motief gehad het om Bobby te vermoor nie, en hy laat vaar die saak. Jacob Snell probeer Marty oortuig om geld vir hom te was by Lickety Splitz. Marty sien hoe Mason Young, die plaaslike pastoor, Sondae dienste uit 'n boot op die meer hou en besef as hy vir hom 'n kerk bou, kan dit die geleentheid wees om geld te was. Marty vra Ruth om die ontkleeklub te bestuur. Sy verbeter Bobby se bestuur deur onder meer nuwe personeellede in diens te neem, en Lickety Splitz begin geld maak. Roy gebruik Russ as 'n gids vir visvang en probeer hom soen. Dit ontlok 'n gewelddadige reaksie by Russ. Ruth volg haar pa, Cade, wat in die tronk is, se raad om meer van Marty se geldwassery uit te vind en te ontdek waar hy die geld wegsteek wat hy van Chicago af gebring het. Russ erken hy het gevoelens vir Roy en hulle word minnaars.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
6 "Book of Ruth" Andrew Bernstein Whit Anderson 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Die Snells wys vir Marty hulle operasie en lig hom in dat hulle Mason se kerk op die water gebruik om heroïen te versprei. Hulle waarsku Marty om op te hou om die kerk te bou, en dreig om Mason se swanger vrou, Grace, skade aan te doen as Marty hom nie oorreed om weer met sy dienste op die meer te begin nie. Del stuur vir Wendy en Marty 'n pakkie met twee oogballe in, en hulle besef dit is 'n waarskuwing om geld vinniger te was. Dit lyk of Marty wel die kartel se $8 miljoen binne drie jaar sal kan was, en die egpaar raak versoen. Charlotte werk by die Blue Cat en wys een aand 'n uitnodiging van Wyatt van die hand om met Zach, 'n toeris van Chicago, uit te gaan. Sy verloor haar maagdelikheid, maar Zach vertrek die volgende oggend sonder om te groet. Wyatt sê vir haar toeriste gaan altyd weg, en sy is nou "een van ons" – 'n permanente plaaslike inwoner. Ruth en Russ maak 'n plan om Marty te vermoor, op aanhitsing van Cade. Russ vertel vir Roy, wat in die geheim tussenbeide tree. Rachel konfronteer Marty oor ongerymdhede in die Blue Cat se boeke.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
7 "Nest Box" Ellen Kuras Alyson Feltes 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Mason hou nie op om die kerk te bou nie. Om te keer dat die Snells hom vermoor, oorhandig Marty die kartel se laaste $700 000 kontant aan hulle. Hy vertel vir Mason die Snells is dwelmhandelaars en wil hê hy moet dienste op die meer hervat. Die Snells vertel vir Mason dat Marty die kerk gebou het om geld te was. Toe hy verstaan Marty se bewerings van liefdadigheid is vals, brand Mason die gebou se raamwerk af. Charlotte en Jonah begin skoolgaan, en Charlotte is depressief oor die gesin se veranderde omstandighede. Nadat sy klasse misloop en 'n bus na Chicago haal, bring Ruth en Wendy haar terug. Roy oortuig Russ om 'n hengelwinkel te probeer begin, met Marty as 'n belegger. Roy oortuig Russ ook om te sê hy sal nie weer probeer om Marty te vermoor nie. Cade sê vir Ruth sy moet hom nie weer besoek voordat Marty dood is nie. Charlotte gaan swem een nag en verdrink amper. Daarna is haar depressie weg.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
8 "Kaleidoscope" Ellen Kuras Ryan Farley 21 Julie 2017 (2017-07-21)

'n Terugflits na 2007 wys hoe Wendy en Marty iewers heen ry toe sy onthul sy is weer swanger. Terwyl hulle dit bespreek, is hulle in 'n motorongeluk en Wendy het 'n miskraam. Daarna ly sy lank aan depressie. Wendy probeer onsuksesvol om weer die werkmark te betree ná die geboorte van haar kinders. Sy is 'n ervare reklameagent wat vir die politikus Bobby Rush se vroeë kongresveldtogte en vir Barack Obama se veldtog vir die senaat van Illinois gewerk het. Del nader Marty en Bruce om die kartel se geld te was en hulle weier, maar sê hulle sal dit heroorweeg. Marty verwag dat Wendy daarteen gekant sal wees, maar sy keur dit goed. Bruce en Marty sê hulle sal vir Del werk, en Del laat sy vorige finansiële raadgewer, Louis, voor hulle vermoor. Louis het nie net geld verduister nie, maar ook saam met Roy en die FBI gewerk.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
9 "Coffee, Black" Jason Bateman Whit Anderson 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Buddy leer Jonah skiet, en nadat Jonah besef die kartel bemoeilik die Byrdes se lewe, laat hy 'n werknemer by die Blue Cat, Tuck, vir hom 'n geweer koop. Marty en Wendy het voorheen Sam se ma, Eugenia, oorreed om haar spaargeld in Marty se nuwe "beleggingsfonds" te belê. Haar $900 000 vervang die $700 000 wat Marty aan die Snells betaal het. Hiermee voltooi Marty die geldwassery van die kartel se $8 miljoen betyds. Die kartel laat dadelik $50 miljoen aflewer – dit is die eerste deel van die $500 miljoen wat Marty belowe het om te was. Eugenia sterf in 'n ongeluk, en Sam wil toegang tot haar spaargeld hê om 'n uitspattige begrafnis te reël. Marty en Wendy bied egter aan om daarvoor die betaal en koop eindelik die begrafnisonderneming. Roy neem Russ se erkenning op dat hy Marty probeer vermoor het. Dit dwing Russ om 'n informant teen Ruth te word, wat Roy teen Marty probeer opsteek. In plaas daarvan beplan Russ en sy broer, Boyd, om Marty te vermoor en met sy geld te vlug. Ruth vermoed Russ wil Marty vermoor. Sy besef sy sal van Marty se moord beskuldig word en sy vermoor Russ en Boyd deur hulle te elektrifiseer.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
10 "The Toll" Jason Bateman Chris Mundy 21 Julie 2017 (2017-07-21)

Die Byrdes probeer Wyatt en sy broer, Three, ondersteun. Wyatt vermoed egter Marty het Russ en Boyd vermoor. Mason se gewete keer hom om wwer op die meer te preek. Hy kom eendag by die huis aan en besef die Snells het wraak geneem: Grace is weg, maar hy ontdek 'n pasgebore seun in die huis. Marty besluit sy gesin sal nie veilig wees as hulle bly nie. Garcia van die kartel keer dat hulle weggaan. Jonah gaan haal sy geweer, maar toe hy Garcia probeer skiet, vind hy uit Buddy het die patrone uitgehaal. Buddy hou Garcia met 'n geweer aan terwyl Wendy en die kinders die huis verlaat, en skiet hom dan. Rachel ontdek 'n deel van die $50 miljoen. Ná 'n kort onderonsie met Del ry sy met die kontant weg. Del martel Marty om uit te vind waar Garcia is. Marty verduidelik 'n plan hoe die kartel Snell-heroïen kan versprei, terwyl die Snells 'n casino op hulle eiendom toelaat om geld te was. Del stel belang en belowe om 'n ander rede vir Garcia se dood uit te dink as die plan slaag. Del en die Snells bereik 'n ooreenkoms, maar Darlene skiet Del dood toe hulle mekaar begin beledig. Wendy en die kinders besluit om te bly ondanks die risiko, eerder as om sonder Marty te vlug.

Seisoen 2

wysig
 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 "Reparations" Jason Bateman Chris Mundy 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Darlene en Ash veras Del se liggaam op die Snells se plaas. Marty en Jacob stuur Ash na Chicago met Del se motor en kredietkaarte sodat dit kan lyk of hy daar was en nie in die Ozarks nie. Sonder Del se teenwoordigheid ontmoet Marty en die Snells die kartel se prokureur, Helen Pierce, om die casino te bespreek. Marty bespreek met senator Brock Mercer die moontlikheid om wetgewing in te stel wat die bedryf van 'n casino moontlik sal maak. Mercer vertel vir Marty om na die sakeman en politieke skenker Charles Wilkes te gaan. Marty en Wendy ontmoet hom en probeer hom oorreed om die wetgewing te steun. Cade kom op parool uit. Helen wys aan die Byrdes 'n video van Ash wat Del se kredietkaart in Chicago gebruik. Sy sal Del (en Garcia) se dood oorsien in ruil vir "skadeloosstelling" van die Snells, maar sê nie hoeveel dit moet wees nie. Op aandrang van Darlene weier die Snells om geld aan te bied, maar Jacob verstaan iemand sal met sy lewe moet boet, en hy vermoor Ash om Darlene te red. Marty en Wendy steek die waarheid vir Charlotte en Jonah weg, mar erken teenoor mekaar dat Ash se dood die Navarro's tevrede sal stel en dat die casinoprojek kan voortgaan.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 "The Precious Blood of Jesus" Jason Bateman David Manson 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Die Kansas City-mafia stuur vir senator Mercer 'n boodskap wat die casinoprojek in gevaar stel. Marty maak gebruik van Buddy se voormalige verhouding met die mafiabondgenoot Frank Cosgrove om die projek te laat voortgaan. Wendy woon 'n gebedsontbyt by om senators se steun te kry en gaan oor in afpersing. Wendy sien Mason in die strate van Jefferson City preek met baba Zeke langs hom. Rachel se dwelmgebruik en drinkery laat haar haar motor afskryf, en dit lei daartoe dat Roy 'n informant teen Marty word en haar terugstuur na die Blue Cat. Marty gee Ruth meer verantwoordelikhede, onder meer deur haar te vertrou met die kontant vir die koop en verskuiwing van die rivierboot wat die casino sal huisves. Cade beroof 'n eetplek om vir Ruth te wys hy het nie verander nie en eis van haar om hom Marty se geld te help kry.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
3 "Once a Langmore..." Andrew Bernstein Alyson Feltes 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Die casinowet word goedgekeur, maar senator Blake pleeg selfmoord. Op aandrang van Roy word Byrde se besighede duer staatsinspekteurs toegemaak en die Byrdes wonder wie dit gelas het. Wilkes wil 'n groot ontwikkeling langs die casiono laat bou in ruil vir sy hulp, maar die Snells wil nie nog grond verkoop nie. Die Snells, Marty en Jonah gaan jag om dit te bespreek, en Jonah skiet 'n bok. Die Snells steek Wilkes se boot aan die brand as 'n waarskuwing dat hy minder druk op hulle moet plaas. Wendy praat Blake se weduwee om om nie Wilkes te dagvaar vir sy dood nie en belowe om 'n welsynsaak in sy naam te begin. Rachel probeer bewyse teen Marty insamel, en Roy gebruik gesteelde dwelms om haar op die punte van haar tone te hou. Ruth veroorsaak 'n probleem by die bootherstelplek waar Cade werk, in dit laat die eienaar die plek verkoop. Marty het nou 'n nuwe besigheid vir geldwassery. Jonah gebruik sy helfte van die $10 000 wat Charlotte gevat het toe sy gehelp het om die kartel se $50 miljoen weg te steek, om 'n bankrekening te open in die naam van Michael Fleming, die skuilnaam wat hy gekry toe die Byrdes ná Garcia se dood wou vlug.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
4 "Stag" Andrew Bernstein Ryan Farley 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Wyatt se vermoede dat Marty vir Russ en Boyd vermoor het, raak sterker toe Charlotte erken die Byrdes was op die toneel. Roy oefen druk op Rachel uit vir inligting oor Marty. Om te keer dat Marty iets vermoed, sê Rachel die man van die Blue Cat (Roy) is dalk 'n polisieman. 'n Woedende Roy dreig haar met 'n gewelddadige dood as sy nie met bewyse vorendag kom nie. Wendy probeer vir Mason geld gee, maar hy wys dit woedend van die hand. Marty gee min aandag aan Ruth terwyl hy ander probleme hanteer. Dit veroorsaak dat sy Rachel in haar vertroue neem, en Rachel gebruik die verhouding om inligting vir Roy in te samel. Hy kry 'n lasbief om die Byrdes se huis te deursoek, waar hy homself die eerste keer aan hulle identifiseer. Sam bestuur die Lickety Splitz in naam, want as 'n oortreder kan Ruth nie met Marty verbind word tydens die staat se ondersoek na die aansoek van die casino nie. Buddy se gesondheid gaan agteruit en hy word in die hospitaal opgeneem, maar hy herstel nadat hy teruggekeer het huis toe.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
5 "Game Day" Phil Abraham Paul Kolsby 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Die FBI ontdek Charlotte se helfte van die $10 000 wat sy gvat het, en Roy noem dit tydens Marty se ondervraging in die hoop dat hy 'n informant sal word. Roy sê ook vir hom Ruth wou hom vermoor deur hom te elektrifiseer, nes met haar ooms. Roy laat Ruth soos 'n informant lyk, en Helen vra die Byrdes of sy vertrou kan word. Marty weifel voor hy ja sê en jaag dan na die Langmores om Ruth te waarsku. Sy erken sy het Marty probeer vermoor, maar sê sy sal dit nie weer doen nie omdat omstandighede verander het. Helen se vennote ondervra haar egter, en Helen sê vir Marty sy is beïndruk met hoe taai sy is. Marty herinner Wendy daaraan dat sy hom verkul het, en Charlotte haar dit en vertel vir Jonah. Charlotte en Jonah bespreek 'n plan om die geld te vat wat oor is en weg te loop. Helen sê vir die Snells om hulle papawers af te brand sodat Roy nie bewyse vind nie, maar Darlene weier. Wendy bring vir Darlene aannemingsdokumente, wat 'n set is om Buddy in staat te stel om toegang tot die plaas te kry en die papawerland af te brand.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
6 "Outer Darkness" Phil Abraham Ning Zhou 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Terwyl hulle van die Snells se plaas af wegry, sterf Buddy in Wendy se motor, en die Byrdes reël 'n uitspattige begrafnis. Roy lei 'n klopjag op die Snells se plaas en Jacob sê die afgebrande land was 'n beheerde brand. Roy is skepties, maar is ekstaties toe hy bene begrawe kry. Mason keer terug in die hoop om Grace se oorskot te kry, en bied aan dat Zeke vir DNS getoets word. Wyatt word uit die skool geskop omdat hy Jonah in 'n geveg gehelp het. Marty en die Snells grawe verskeie Snell-voorsate op en gebruik hulle bene om dié wat die FBI gevind het te vervang. Dit stel Jacob in staat om te beweer die owerhede het sy voorsate se grafte ontheilig. Roy ondervra Wilkes, wat aanbied om Marty te verraai in ruil daarvoor dat Wendy beskerm word, maar sy weier om Marty te verlaat. Ruth stem in om saam het haar pa aan sy onwettige bedrywighede deel te neem. Marty belowe Rachel dat hy na haar en die Blue Cat sal terugkeer nadat die casino goedgekeur is. Sy soen hom om te keer dat hy meer sê en onthul dan sy dra 'n afluisterapparaat.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
7 "One Way Out" Alik Sakharov Martin Zimmerman 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Marty wil hê Rachel moet by die Blue Cat bly werk sodat hy haar kan gebruik om vir Roy valse inligting te voer. Wendy is agterdogtig oor Rachel en oor Marty se verhouding met haar. Die polisie lê beslag op Zeke en Mason ontvoer Wendy. Hy hou haar in die solder van sy huis aan terwyl hy Marty se hulp vra om Zeke terug te kry. Ruth vertel vir Cade sy dink Martin steek kartelgeld in die begrafnisonderneming weg en stem in om hom dit te help steel. Marty en Wilkes kry Zeke terug. Marty bring hom vir Mason, maar vermoor Mason in 'n rusie daarna. Marty en Wendy maak die solder van Mason se huis skoon en veras sy liggaam in die begrafnisonderneming. Hulle neem Zeke in hulle sorg. Die Byrdes gebruik die baba om 'n prentjie van 'n gelukkige gesin te skep tydens 'n nuusonderhoud waarin probeer word om positiewe dekking vir die casinoprojek te kry.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
8 "The Big Sleep" Alik Sakharov David Manson 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Roy gee nie meer vir Rachel dwelms nie, en sy koop heroïen en neem 'n oordosis. Die heroïen wat die Navarro's versprei, is gedokter en verskeie ander oordosisse wys die vinger na die Snells; Darlene het dit met ander middels gemeng om wraak te neem oor die kartel se aandrang dat hulle die papawerland afbrand. Die Navarro's lei die Snells in 'n lokval. Ruth en Cade breek by die begrafnisonderneming in, maar vind geen kontant nie. Marty kry Wyatt se skorsing teruggetrek, wat Wyatt se kans herstel om tot die Universiteit van Missouri toegelaat te word. Charlotte steel 'n duur boek vir Wyatt, maar hy weier om dit te aanvaar deur die verskil te verduidelik tussen wanneer 'n Langmore vir iets geblameer word of iemand soos sy. Wendy gebruik die geldwasnetwerk wat Jonah geskep het om geld aan Wilkes se welsynorganisasie te skenk. Toe Wendy hom inlig dat hy kartelgeld aanvaar het, besef hy hy word afgepers om die casinoprojek te bly steun. Marty vind uit Roy se ma is 'n dwelmslaaf en laat 'n Navarro-vennoot dwelms aan haar verskaf. Roy gaan terug huis toe om vir haar te sorg, en dit laat Marty toe om Rachel na Miami te stuur vir verslawingbehandeling. Nadat sy 'n paneelwa gekoop en daarin geslaap het sodat sy nie huis toe hoef te gaan nie, lig Charlotte haar ouers in van haar plan om haarself meerderjarig te laat verklaar.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
9 "The Badger" Ben Semanoff Paul Kolsby, Martin Zimmerman 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Charlotte kry 'n prokureur vir haar meerderjarigheidsaak. Jacob en Darlene oorleef die lokval, maar Jacob is gewond. Marty en Helen lig Jacob in die regering kan beslag op land vir die casino lê as die Snells nie wil verkoop nie. Jacob berus daarin en besluit om Darlene te vermoor om die vrede te bewaar. Net toe hy haar met 'n mes wil steek op hulle oggendwandeling, sak hy inmekaar. Darlene sê vir hom sy het sy plan vermoed en het die oggend sy koffie vergiftig. Hulle belowe mekaar hulle het mekaar lief voordat hy sterf. Die casino word goedgekeur en Marty reël dat sy gesin na Australië sal vlug en die kartelbesigheid in Ruth se hande sal bly, waartoe Ruth instem. Cade en Wyatt beroof Lickety Splitz. Ruth sê nie vir die sherriff dit was hulle nie, maar maar probeer die geld terugkry. Wyatt word tot universiteit toegelaat; hy is nie seker of hy wil gaan nie, maar Ruth is vasbelsote om hom te stuur sodat hy nie by misdaad betrokke raak nie.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
10 "The Gold Coast" Amanda Marsalis Chris Mundy 31 Augustus 2018 (2018-08-31)

Roy keer terug voor sy verplasing na Chicago. Hy gaan hengel en word deur Cade gekonfronteer. Dié vermoor Roy en laat sy liggaam in die water sink. Darlene wil Zeke hê en skeer Jonah se hare as 'n waarskuwing, waarna Zeke aan haar gegee word. Marty wys Ruth detail van kartelsake voor sy gesin se vertrek, insluitende die plek waar die kartel se $50 miljoen weggesteek is: Buddy se mausoleum. Cade weet hy is gesien toe hy Roy se motor probeer wegsteek het en beplan om te vlug voordat hy in hegtenis geneem word. Hy probeer Ruth vir geld afpers deur te dreig om vir Wyatt te vertel sy het Russ en Boyd vermoor. In plaas daarvan vertel Ruth self vir Wyatt, en hy ry woedend weg. Wendy is kwaad omdat Cade vir Charlotte aangeval het toe hy probeer uitvind waar Marty se geld is en sy bied hom $500 000 aan om die dorp te verlaat. Hy aanvaar dit en ry weg, maar die geld is 'n set en Nelson vermoor hom in 'n lokval. Met die casino se opening vertel Helen vir die Byrdes sy keer terug na Chicago. Wendy sê vir Marty die gesin gaan nie vlug nie, want dit is veiliger om te bly.

Seisoen 3

wysig
 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 "Wartime" Jason Bateman Chris Mundy

Die Navarro's is betrokke in 'n karteloorlog in Mexiko. Marty en Ruth bestuur die Missouri Belle-casino, terwyl Wendy en Charlotte reklame behartig. Charlotte dring daarop aan dat Marty en Wendy huweliksberading ondergaan, maar Marty betaal in die geheim vir fopsessies. Wendy stel voor die Navarro-kartel brei uit na wettige sake, maar Marty dink die plan is te riskant. Nadat sy 'n groepsessie vir nuwe moeders bygewoon het, sny Darlene 'n ander ma se motorband. Wyatt breek by leë huise in om te slaap en weier geld van Ruth. Hy word in hegtenis geneem en wys Ruth se borgtoggeld van die hand. Darlene hoor dit, betaal vir Wyatt se borgtog en neem hom op haar plaas in diens. Charlotte gee vir Jonah 'n hommeltuig wat hy wil gebruik om sekuriteit by die Byrdes se huis te verbeter. Marty ontwerp 'n nuwe geldwasmetode om FBI-ondersoeke te fnuik. Wendy en Helen ontmoet Navarro in Chicago, en hy keur Wendy se plan vir uitbreiding goed. Ruth gooi Frank Cosgrove jr. van die Missouri Belle af omdat hy hom te buite gaan by 'n pokerspel.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 "Civil Union" Jason Bateman Martin Zimmerman 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Wendy se broer, Ben, is 'n onderwyser en toe leerlinge 'n digitale foto begin deel, vernietig hy hulle selfone. Marty en Ruth vra Frank sr. verskoning vir Ruth se aanval op Frank jr. en bied 'n groter persentasie van die casino se wins as 'n vredesgebaar aan. Helen en haar dogter, Erin, verhuis na die Ozarks vir die somer, maar Gene dring daarop aan dat hulle seun by hom bly. Marty en Wendy sit 'n aanbod in vir Carl en Anita Knarlson se Big Muddy-casino in St. Joseph, maar Marty oorreed Carl in die geheim om dit van die hand te wys. Ben kom vir 'n lang besoek. Marty betaal Frank sr. vir 'n brand wat die Knarlsons se mededinger laat sluit, en Anita wys Helen en Wendy se nuwe aanbod van die hand. Darlene vertel vir die oorlede Jacob hoe kwaad sy was nadat sy Wendy gesien het, en Wyatt erken hy praat soms met sy oorlede pa. Ruth en Wendy beknoei die Big Muddy se muntmasjiene sodat dit konstant uitbetaal, en die Knarlsons verkoop. Trevor stel Marty in kennis dat die FBI alle Byrde-bsighede sal ouditeer.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
3 "Kevin Cronin Was Here" Cherien Dabis Miki Johnson 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Wendy droom sy vermoor Marty. Die Knarlsons weier om hulle hotel te verkoop. Marty en Ruth se plan om geld by die Big Muddy-casino te was eindig toe Wendy dit toemaak vir restourasiewerk. Frank sr. laat vir Wendy weet Marty het die brand gereël. Helen sê vir Marty Navarro wil nie geld by die Big Muddy laat was nie. Wendy sê vir Carl hy moet Anita se toestemming op enige manier mootlik kry om te verkoop. Helen vra of sy die Missouri Belle sonder Marty kan bestuur en sy sê ja. Ruth vertel vir Marty van die gesprek. Carl en Anita stry, en sy sterf per ongeluk toe hy haar van 'n heuwel af stamp. Wendy lok Darlene uit om haar te slaan, en dit gee haar 'n rede vir 'n toesigverhoor vir Zeke. Die FBI-agent Maya Miller bied Marty 'n ooreenkoms aan waarvolgens hy vir die FBI kan werk nadat hy 18 maande in die tronk gesit het. Trevor eien Tommy as een van die mense wat die casino aan die brand gesteek het en kry sy samewerking. Marty monitor Wendy se gesprek toe sy Navarro bel om te sê hulle het die hotel gekoop. Navarro sy vir haar hulle telefoonverbinding is onder verdenking. Marty sê vir Maya hy aanvaar haar aanbod.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
4 "Boss Fight" Cherien Dabis John Shiban 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Marty word na Navarro se huis in Mexiko gebring. Ben vertel vir Wendy Marty is weggeneem en Wendy vertel vir hom vir wie hulle werk. Ben vertel vir Charlotte en Jonah die waarheid oor waar Marty is. Helen hoor van Mendoza dat Navarro hulle toets om te sien of hulle sonder Marty geld kan was. Navarro vra Marty hoekom hy op Wendy spioeneer en hy erken hy is bang vir haar. Navarro sê hy bewonder Wendy, want haar doelwitte is duidelik: "Sy wil alles hê." Ruth stel 'n geldwasspan by die Missouri Belle saam wat Ben insluit. Charlotte erken aan Helen dat sy weet van haar ouers se misdaadbedrywighede. Helen vra haar om nie vir Erin te vertel nie. Ruth vind uit een van hulle rekenings is toegemaak weens verdagte bedrywighede. Marty wys Navarro hoe om weer beheer daaroor te kry. In antwoord op Navarro se herhaalde vraag oor wat hy wil hê, sê Marty eindelik hy wil net geld was wanneer hy sê dit is veilig. Hy wil ook bedank word vir sy briljante kennis om Navarro se kontant te was. 'n Kartelmotor neem Marty terug huis toe.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
5 "It Came From Michoacá" Amanda Marsalis Laura Deeley 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Wendy verduidelik Ruth se geldwasmetode aan Marty. As deel van die uitfasering daarvan, vra Wendy vir Sam om aspris 'n groot bedrag by die casino te verloor en dan in kontant terugbetaal te word. Navarro gee Wendy en Marty opdrag om 'n perdeplaas in Kentucky te koop. Werknemers van Cosgrove lewer Navarro-kontant by Ruth af, sluit haar in hulle trok toe en ry wild met haar rond. Wyatt jok by die toesigverhoor sodat Darlene vir Zeke kan hou. Deur Wilkes se prokureur kry Wendy inligting oor Maya wat wys sy is onomkoopbaar, maar Marty sien 'n opening. Darlene en Wyatt begin 'n seksuele verhouding en sy besluit om weer met haar heroïenbesigheid te begin. Wendy koop hulle berader, Sue, om om Marty te oortuig om saam met haar te stem. Ben gooi voëlsaad op Frank jr. se motor en 'n swerm voëls veroorsaak groot skade. Helen gee Marty kliëntinligting, wat hy gebruik om Maya uit te lok. Navarro se manne op die perdeplaas beseer die groot teëlhings wat aan Navarro se vyand, Lagunas, behoort. Marty gee voor hy werk saam met Maya.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
6 "Su Casa Es Mi Casa" Ben Semanoff Paul Kolsby 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Marty en Wendy onthul besonderhede oor hulle onwettige bedrywighede tydens 'n driftige beradingsessie. Marty trek uit. Darlene vertel vir Helen sy begin weer haar heroïenbesigheid, maar Helen wil nie hulle vennootskap hernu nie. 'n Partytjie by 'n stil inham eindig toe Tommy, Erin, Charlotte en Jonah in hegtenis geneem word. Helen en Wendy stry oor die verantwoordelik vir Erin se bedrywighede. Tommy sê vir Trevor hy probeer bewyse teen die Byrdes insamel. Ruth en Ben bring 'n nag saam deur en Ben se onvermoë om iets uitgerig te kry lei daartoe dat hy ophou om sy medisyne vir bipolêre steuring te neem. Darlene en Wyatt probeer Three huur om na Darlene se papawers om te sien en Three vertel vir Ruth van Darlene en Wyatt se woonomstandighede. Wyatt sê vir Ruth hy sal nie terugtrek huis toe nie. Marty word deur 'n nutsvoertuig gevolg. Die volgende dag rapporteer Helen dat drie nutsvoertuie na Chicago op pad is. Ben en Jonah gebruik Jonah se hommeltuig om Ruth dop te hou tydens die volgende aflaai van geld. Dieselfde nutsvoertuie nader die plek en Ben waarsku Ruth, wat wegkruip toe hulle daar aankom. Die insittendes skiet Frank jr. se manne en blaas Frank se trok op.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
7 "In Case of Emergency" Alik Sakharov Ning Zhou 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Trevor en Maya ondervra Ruth, wat ontken sy weet iets van die trokbrand en die moorde. Marty sê vir Frank sr. die aanval is die Lagunas se werk. Trevor en Maya beskuldig Marty daarvan dat hy dit gereël het omdat hy geweet het Tommy is 'n informant, maar Marty ontken dit. Frank jr. vertel vir Ruth dat Trevor en Maya haar van die aanval beskuldig, maar Ruth ontken dit. Nadat Maya Sam oor sy verliese uitgevra het, bel Sam vir Marty, wat belowe om hom uit die moeilikheid te hou. Frank jr. val Ruth aan en sy word in die hospitaal opgeneem, en Marty verbreek bande met Frank sr. Erin weier om aan haar ma se versoek te voldoen om na Chicago terug te keer. Toe sy besef Andrew Wade is ambisieus, gee Wendy vir hom die inligting oor Helen se kliënt wat Maya nie wou aanvaar nie. Wyatt vertel vir Darlene dat Ruth vir Russ en Boyd vermoor het, en Darlene erken sy het Jacob vermoor. Helen is bekommerd oor Sue se kennis van die Byrdes. Sy laat Nelson haar vermoor en enige lêers oor die Byrdes verwyder. Ruth sê vir Marty en Wendy sy wil hê Frank jr. moet vermoor word, maar Marty weier. Wyatt besoek Ruth tuis en blameer die Byrdes vir al die Langmores se probleme.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
8 "BFF" Alik Sakharov John Shiban 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Sue is nie tuis nie en Marty besef sy is vermoor. Erin, Charlotte en Jonah verrig gemeenskapsdiens. Helen erken aan Wendy dat Sue dood is en sê sy is moeg om agter die Byrdes op te ruim. Marty gee Maya inligting oor nog 'n finansiëlebedrogsaak, maar Maya weier om dit op te volg. Wendy gee dit vir spesiale agent Clay. Clay kritiseer Maya se weiering en sê sy moet teruggaan Washington toe wanneer haar opdrag om die Byrdes te ondersoen verstreke is. Ben bestuur Ruth se trok verby wagte om by Frank jr. uit te kom, maar moet die aftog blaas. Hy word in 'n roeg dronk en val 'n ander klant aan. Ben konfronteer Marty en Wendy by 'n welsynpartytjie, slaan vir Marty en word tot 'n geestesinrigting toegelaat. Ruth besoek Ben, wat vir haar sê hy het besef Wendy het Cade laat vermoor. Helen vertel vir Navarro dat Wendy en Marty hindernisse is, en Navarro sê vir haar om te doen wat sy dink nodig is. Darlene oorreed Nix om Ben vry te laat en hy gaan na Helen se huis, waar hy haar en Erin konfronteer.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
9 "Fire Pink" Alik Sakharov Miki Johnson 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Ben kom by Ruth aan en erken hy het na Helen gegaan. Ruth steek hom by Darlene weg. Erin konfronteer Charlotte en Jonah, en hulle erken Ben is reg. Erin vertel vir Helen sy weet wat se werk sy doen en keer terug na Chicago. Marty en Wendy besef hulle is kwesbaar omdat Ben vir Erin van Helen se werk vertel het, en hulle sweer saam om vir Navarro te wys hule is waardevoller as Helen. Ben verlaat Darlene se huis om sy liefde aan Ruth te verklaar. Nelson volg hom in die casino in en Marty neem Ben by 'n syuitgang uit. Nelson volg Ruth huis toe en Ruth vra hom uit oor die moord op Cade. Ben vlug saam met Wendy, maar bel die polisie. Wendy praat polisiemanne om om hom nie in hegtenis te neem nie. Wendy los Ben alleen in 'n restaurant, maar stort ineen toe sy Marty bel. Ben loop na buite. Nelson klim uit sy voertuig en nader Ben.

 Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
10 "All In" Alik Sakharov Chris Mundy 27 Maart 2020 (2020-03-27)

Marty veras Ben se liggaam in die begrafnisonderneming. Lede van die Lagunas-kartel val die doop van Navarro se seuntjie aan. Helen sê vir Navarro sy wil die Byrdes se besighede oorneem. Maya arresteer Sam vir vermoedelike geldwassery. Ruth en Wendy stry oor die blaam vir Ben en Cade se dood, en Ruth bedank haar werk by Marty. Wendy erken sy het bekend gemaak waar Ben is. Marty troos haar deur saam te stem met haar plan om Navarro hulle waarde te laat besef deur die karteloorlog te beëindig. Marty verskaf foto's van die hommeltuig van die Lagunas se aanval op Cosgrove se trok aan Maya, en ontlok so militêre optrede deur die Amerikaanse regering teen die Lagunas. Darlene neem namens Ruth wraak deur Frank jr. deur sy geslagsdele te skiet, maar vermy weerwraak deur 'n heroïenverspreidingsooreenkoms met sy pa te sluit. Jonah konfronteer Helen met 'n wapen oor Ben se dood, maar sy vertel hom van Wendy se betrokkenheid. Navarro dring daarop aan dat Wendy, Marty en Helen sy seun se tweede doop in Mexiko bywoon. Toe hulle daar aankom, skiet Nelson vir Helen dood, en Navarro vertel vir Marty en Wendy dit is die begin van groter samewerking tussen hulle drie.

Seisoen 4

wysig
 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 1 "The Beginning of the End" Andrew Bernstein Chris Mundy 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

In 'n toekomsflits word gewys hoe die Byrdes 'n komende FBI-vergadering in hulle voertuig bespreek toe 'n aankomende vragmotor hulle amper tref en hulle voertuig rol. In die huidige tyd geniet Navarro se gaste sy partytjie, terwyl Marty en Wendy Helen se oorbyfsels van hulle af was. Op die parytjie vertel Navarro vir hulle hulle word as beroemdes beskou omdat hulle militêre optrede teen die Lagunas-kartel genoodsaak het. Navarro stel sy susterskind, Javier, wat 'n leierskapsrol wil aanneem, bekend en vra hoe hulle Darlene gaan oorreed om op te hou heroïen verkoop. Hulle sê hulle tree versigtig op vanweë Darlene se houvas op sheriff Nix. Jonah gee Ben se as vir Ruth. In 'n vergadering met Marty en Wendy sê Navarro dat Javi ongeduldig is om oor te neem en hulle sal vermoor as hy agterkom hulle is swak. Navarro vra die Byrdes om 'n ooreenkoms met die FBI aan te gaan waarvolgens hy sal kan aftree sonder om vervolg te word. Wendy is skepties, maar Marty stem in om te probeer. Die privaat speurder Mel Sattem probeer Helen in die hande kry sodat sy dokumente vir haar egskeiding kan teken. Nix besoek Helen se huis op Sattem se aanbeveling, en Javi maak die deur oop. Hy vermoor Nix en lewer die lyk by die Byrdes af sodat hulle dit kan veras. Jonah sien dit.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 2 "Let the Great World Spin" Andrew Bernstein Laura Deeley 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

Ruth steek Ben se as weg voordat Wendy haar daaroor konfronteer. Nix se tydelike plaasvervanger is Leigh Guerrero, die sheriff van 'n ander plek. Javi sê vir Marty om Helen se huis skoon te maak en bewyse van Nix se dood weg te steek, en om weg te kruip as Guerrero opdaag. Die Byrdes reël om heroïen aan 'n farmaseutiese maatskappy te verkoop wat grondstofkoste kan besnoei in ruil vir 'n groot skenking aan die Byrdes se stigting. Wendy beplan om die Byrdes se invloed uit te brei deur die stigting te gebruik om verkiesings te beïnvloed en politici om te koop. Oortuig daarvan dat die kartel Nix vermoor het, kanselleer Frank Cosgrove sr. sy verspreidingsooreenkoms met Darlene. In 'n poging om alternatiewe verspreidingskanale te skep, probeer Ruth 'n beroemde sjef oortuig om Darlene se heroïen by sy vriende aan te beveel. Darlene hou nie van die idee om haar heroeïen as 'n "hipster"-produk te bemark nie en steek 'n stokkie voor Ruth se plan. Jonah bly kwaad vir Wendy oor Ben se dood en stem in om geld vir Ruth te was. Toe Wendy hom probeer afraai om dit te doen, onthul Jonah hy weet van Nix. Maya is op kraamverlof en bly by die Byrdes oor om Navarro te ontmoet.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 3 "City on the Make" Andrew Bernstein Martin Zimmerman 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

Aan boord van Navarro se vliegtuig stippel Maya uit wat die FBI van 'n ooreenkoms met hom verwag, soos tyd in die tronk. Wendy bou 'n altaar vir Ben buite hulle huis en wys dit vir Charlotte en Jonah. Jonah verwerp die gebaar en hou aan geld vir Ruth en Darlene was totdat Wendy die kelder se elektrisiteit afskakel. By die Lazy-O-motel, wat Ruth gekoop het, hervat Ruth haar plan om Darlene se heroïen deur die sjef Kerry Stone te versprei. Darlene is kwaad totdat sy sien hoeveel geld hulle gemaak het. Erin vertel vir Charlotte dat Mel deur haar pa gehuur is en dat hy nie Helen kan opspoor nie. Jonah trek by die Lazy-O in om sy geldwassery te hervat. Charlotte ontmoet Erin in Chicago, impliseer dat Helen dood is en herinner Erin daaraan om stil te bly oor Helen se bedrywighede. Marty vergader met Clare Shaw, die uitvoerende amptenaar wat Navarro se heroïen wil koop, en Javier kom daar aan om deel te neem. Wendy probeer senator Schafer, 'n voormalige politieke teenstander, oorreed om op die direksie van die Byrdes se stigting te sit. Marty hoor hoe Javi 'n komende wapentransaksie bespreek. Hy sê vir Navarro as hy dit toelaat, kan dit sy geloofwaardigheid by die FBI skaad. Tydens 'n aandete met die Byrdes kry Javi 'n oproep om vir hom te sê die wapens is onderskep.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 4 "Ace Deuce" Alik Sakharov John Shiban 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

Op 'n nuuskonferensie kondig Wendy die beplande bou van 'n dwelmbehandelingsentrum aan wat deur die Byrdes se stigting gefinansier sal word. Sy speel op die gehoor se gevoelens deur te beweer Ben word vermis as gevolg van 'n lang dwelmverslawing. Sam het al sy kontant verloor en word die casino belet, en Ruth stel hom aan om die Lazy-O te bestuur. Terwyl hy 'n vrag heroïen by die Shaw-maatskappy aflewer, vertel Javier vir Marty die FBI het kort tevore op drie ander vragte beslag gelê. Kerry en sy vriende besoek die casino saam met Ruth. Kerry kry 'n oordosis in, en Ruth red sy lewe met 'n inspuiting. Mel besoek Wendy en Ben se pa in Noord-Carolina, en hy sê Ben was nie aan dwelms verslaaf nie. Sheriff Guerrero ondervra Ruth oor die oordosis. Sy ondervra later die Byrdes, en Wendy verwys haar onsubtiel na Ruth en Darlene. Javi kry kameramateriaal van die onlangse beslagleggings en sien Maya was teenwoordig. Marty beweer dit is toevallig, maar Javi weier om aan die Shaws te verkoop totdat die Navarro-kartel se mol geïdentifiseer is. As 'n tussentydse maatreël bied Marty aan om al Ruth en Darlene se heroïen te koop.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 5 "Ellie" Alik Sakharov Paul Kolsby 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

In 'n terugflits is Mel 'n polisiespeurder wat onwettige dwelms snuif. In die hede stem Clare in om Ruth en Darlene se heroïen te koop. Ruth weet nie Darlene het Frank jr. klaar oorreed om dit te versprei nie. Wendy blameer Jonah toe plakkate vir die vermiste Ben verskyn, en Jonah onthul Darlene het dit laat doen. Mel vertel vir die Byrdes hy het met Wendy se pa, Nathan, gepraat en suggereer dat Ben vir Helen vermoor het. Marty en Ruth probeer die heroïen terugkoop van twee handelaars aan wie Frank dit verkoop het. Een verkoop dit aan hulle, maar die ander een weier. Wendy meld Ben as vermis aan by die sheriff. Jonah sê vir Darlene hy het sy ouers met sheriff Nix se liggaam gesien. Ruth, Marty en Clare se sekuriteitshoof besoek die tweede handelaar, en Ruth oorreed hom om te verkoop. Darlene het 'n hartaanval terwyl sy en Wendy stry. Wendy weifel voor sy die ambulans bel.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 6 "Sangre Sobre Todo" Robin Wright Michael M. Chang, Jed Rapp Goldstein 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

Maya lei 'n beslaglegging op nog 'n Navarro-vrag, maar die drywer maak mense dood deur 'n bom te laat afgaan. Navarro sê vir Wendy dat Javier verantwoordelik was. Darlene beland in die hospital ná die hartaanval, en beskuldig Ruth daarvan dat sy heroïen aan Marty verkoop het sonder om haar in te lig. Wendy vra Jim om die Byrdes se prokureur te word. Op 'n vergadering tussen Marty en die FBI sê 'n senior bestuurder die FBI sal net met Navarro onderhandel ná bewyse dat hy nie opdrag vir die bomontploffing gegee het nie. Navarro sê vir Javier hy gaan aftree. Die FBI neem Javier op toe hy aan Marty erken die bom was sy idee. Javi stel hom aan Jim voor, wat sê hy werk vir die Byrdes en nie die kartel nie. Darlene vermoor Frank sr. toe hy haar konfronteer omdat sy dwelms deur Frank jr. versprei het. Wyatt is ontsteld en stem in om Missouri saam met Ruth te verlaat. Sy vertel vir Frank jr. van Frank sr. se moord in die hoop dat hy wraak sal neem. Wendy beplan om Jonah te laat arresteer, want sy weet jeugdiges word nie kwaai gestraf nie, en ook dat die staat Zeke uit Darlene se sorg verwyder. Om te help om Zeke terug te kry, vra Wyatt Darlene om te trou. Die FBI stem in om Navarro se voorwaardes te oorweeg as hy hom oorgee.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
1 7 "Sanctified" Robin Wright Miki Johnson 21 Januarie 2022 (2022-01-21)

Marty onthou hoe sy voormalige venoot Bruce hom gespot het oor sy saai lewe. Wyatt vertel vir Ruth hy gaan met Darlene trou; Ruth vra Frank jr. om Darlene nie te vermoor nie. Die FBI het onverwagte voorwaardes vir Navarro; in ruil vir immuniteit moet hy vir vyf jaar hoof van die kartel bly en inligting verskaf. Maya is woedend dat haar seniors vir haar gejok het. Navarro aanvaar die voorwaardes en maak gereed om terug te keer na Mexiko, maar Maya en die plaaslike polisie neem hom in hegtenis. Marty stel voor die FBI gaan dieselfde ooreenkoms met Javier aan. Javier laat Marty na Jim se huis kom en slaan hom. Wendy oorreed Navarro om vir Javi te vertel hy werk saam met die FBI, wat keer dat Javi Marty vermoor. Javi aanvaar die FBI se aanbod, maar vir 10 jaar. Navarro beplan om vrygelaat te word en leierskap van die kartel terug te neem. Die Byrdes beplan om na Chicago terug te keer, maar Jonah weier. Javier vermoor Darlene en Wyatt omdat Darlene aanhou dwelms verkoop. Ruth ontdek die lyke en konfronteer Marty en Wendy met 'n geweer. Hule ontken kennis van die moorde, maar Jonah sê vir haar Javier het dit gedoen.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 8 "The Cousin of Death" Amanda Marsalis Chris Mundy 29 April 2022 (2022-04-29)

Javi sê vir Marty hy moet die toneel in Darlene se huis opruim, maar Marty sien die polisie is reeds daar. Ruth vra Jonah en Charlotte vir inligting, en Charlotte sê vir haar Javi ontmoet Marty, Wendy en Clare die volgende dag by die Shaw-gebou in Chicago. Jonah gee Ruth 'n foto van Javi. Ruth kyk toe hoe Marty, Wendy en Javi vir die vergadering opdaag. Ná die vergadering sien Marty vir Ruth in die straat en vra haar om Javi nie te vermoor nie. Dié aand keer Ruth die Byrdes en Clare met aandete vas, dwing Clare om hulle na haar kantoor te neem en sê hulle moet Javi bel. Wendy lok Javi na Clare se kantoor en Ruth skiet hom dood toe hy daar aankom. Daarna gaan sy terug huis toe terwyl die Byrdes en Clare die kantoor skoonmaak.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 9 "Pick a God and Pray" Amanda Marsalis Laura Deeley 29 April 2022 (2022-04-29)

Marty probeer Wendy oortuig dat Javi se dood 'n klad plaas op hulle ooreenkoms met die FBI, maar Wendy dring daarop aan om 'n manier te vind om die gesin se toekoms te red. Hannah Clay van die FBI beveel aan die Byrdes gaan in 'n getuiebeskermingsprogram, maar Wendy beplan om Navarro na Mexiko uitgelewer te kry om beheer van die kartel terug te neem. Navarro is aanvanklik kwaad oor Javi se moord, maar besluit eindelik om Wendy se raad te aanvaar en krediet vir die moord te neem om prestige in die kartel terug te kry. Marty reis na Mexiko om tydelik beheer van die kartel oor te neem. Navarro se priester, vader Benitez, besoek Wendy en sê hy wil hê Navarro moet in die tronk bly. Wendy se pa, Nathan, kom in die Ozarks aan en huur Mel om Ben se verdwyning te ondersoek. Mel roep die hulp in van Maya, wat by die FBI gedemoveer is nadat sy Navarro in hegtenis geneem het. Clare is ontnugter met die Byrdes en besoek Ruth die dag ná Wyatt se begrafnis om aan te bied om Darlene se heroïen by haar te koop. Clare bel Wendy om bande te verbreek net voordat Marty saam met vader Benitez en Nelson na Mexiko vertrek.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 10 "You're the Boss" Melissa Hickey John Shiban 29 April 2022 (2022-04-29)

In 'n terugflits word gewys hoe Ben besef Wendy het hom alleen gelaat en dat Nelson hom gaan vermoor. Voordat hy sterf, sê Ben vir Nelson om vir Wendy te sê hy vergewe haar. In die hede kom Marty in Mexiko aan en pas Navarro se plan toe om beheer van die kartel oor te neem voordat sy manne 'n mededingende kartel kan stig. Navarro oorleef 'n sluipmoordpoging in die tronk, maar is swaar gewond. Marty ontleed die manne se rekenings en kom agter Arturo het geld verduister. Navorro se suster en Javi se ma, Camila, vertel vir Marty dat Arturo jaloers op Javi was en waarskynlik die sluipmoord op Navarro gelas het. Marty laat Arturo martel. Eers ontken hy dit, maar dan beken hy eindelik skuld om 'n einde aan sy pyn te bring. Marty gee opdrag dat Arturo tereggestel word en kyk toe. Ruth verwerp Wendy se versoek dat sy net een keer heroïen aan Shaw verkoop. Wendy neem wraak deur voor te stel die waarnemende sheriff, Ronnie Wycoff, ondersoek Ruth. Al hou die polisie hulle dop, slaag Ruth en Frank jr. daarin om Darlene se heroïen aan Shaw te lewer. Clare Shaw het Wendy nie meer nodig nie en onttrek haar skenkings aan die Byrdes se stigting.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 11 "Pound of Flesh and Still Kickin'" Laura Linney Ning Zhou 29 April 2022 (2022-04-29)

Marty keer terug uit Mexiko en toe hy met Wensy gesels, besef hy Camila het die sluipmoordaanval op Navarro gereël. Ruth besoek Rachel in Miami en oortuig haar om saam met haar te span om die casino oor te neem. Wendy verwerp hulle aanbod, maar Ruth vind uit as Wyatt se wettige voog het sy sy boedel sowel as Darlene se casinoaandele geërf. Sonder Marty se inset vra Wendy Camila se hulp om Clare te dwing om weer skenkings aan die Byrde-stigting te doen. Camila en die Byrdes besoek Navarro en Wendy stel voor Camila vervang Marty as waarnemende hoof van die kartel, en Navarro aanvaar dit. Marty vertrou Camila nie, maar het nie 'n keuse nie. Op pad huis toe bereik Marty se woede teenoor Wendy wat besluite neem sonder om hom daarin te ken 'n hoogtepunt, en hy slaan 'n ander motoris in 'n padwoedeaanval. Hulle word gearresteer.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 12 "Trouble the Water" Amanda Marsalis Paul Kolsby, Martin Zimmerman 29 April 2022 (2022-04-29)

Charlotte en Jonah betaal Marty en Wendy se borgtog. Ruth en Rachel bied aan om Charles Wilkes se casinoaandele in Rachel se naam te koop. Wilkes wil wraak teen Wendy neem en stem in. Hy verbind Ruth ook met 'n regter wat die mag het om haar misdaadrekord te skrap, wat sal beteken sy kan die casino op haar eie naam sit. Waarnemende sheriff Wycoff stel Ruth in kennis iemand is vir Derlene en Wyatt se moorde in hegtenis geneem. Ruth besoek hom in die tronk en voel skuldig dat sy toelaat dat hy onskuldig gestraf word. Mel vertel vir Nathan Ben is waarskynlik deur die kartel vermoor, met die kennis van Marty en Wendy. Nathan doen by die gesinshof aansoek dat hy toesig oor Jonah en Charlotte kan kry en hulle kan terugneem na Noord-Carolina. Die regter beslis Jonah en Charlotte kan self besluit waar hulle wil woon. Hulle kies Nathan, en Wendy smeek hom desperaat op haar knieë om hulle nie te vat nie, maar hy weier.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 13 "Mud" Amanda Marsalis Miki Johnson 29 April 2022 (2022-04-29)

Marty ontdek Ruth en Rachel het die casino oorgeneem. Hy herinner Ruth daaraan dat die casino 'n karteloperasie is, maar Ruth weier om voort te gaan om geld te was. Wendy laat Nelson Rachel dreig, maar Ruth hou voet by stuk. Wendy besluit om Camila die permanente hoof van die kartel te maak ondanks Marty se besware. Camila stem in om 'n ooreenkoms met die FBI aan te gaan, maar dring aan op 'n laaste ontmoeting met haar broer. Navarro erken hy het Javi nie laat vemoor nie. Wendy bied haar pa $2 miljoen aan om die Ozarks sonder Jonah en Charlotte te verlaat, maar hy wys dit van die hand. Wendy laat haarself in die psigiatriese hospitaal opneem en sê sy dink daaraan om haar pa te vermoor. Ruth merk op Nelson volg haar en gaan na die polisiestasie, waar sy die volle verhaal van Darlene en Wyatt se dood vertel om die verdagte vrygelaat te kry. Toe sy uitkom, sien sy Nelson se motor is weg en besef hy gaan na haar woonwa, waar Rachel bly. Sy bel Rachel en waarsku haar. Rachel vat 'n geweer en kruip op die dak weg. Sy skiet Nelson dood toe hy daar aankom.

 Deel  Episode  Titel  Regisseur  Skrywer  Uitgereik
2 14 "A Hard Way to Go" Jason Bateman Chris Mundy 29 April 2022 (2022-04-29)

Ruth begrawe Nelson onder die sement van haar nuwe swembad. Op aandrang van Marty vra Ruth Wendy verskoning omdat sy Ben uit die psigiatriese hospitaal laat vrylaat het. Wendy vra verskoning omdat sy Ruth se pa laat vermoor het. Ruth dwing Nathan om teenoor Jonah en Charlotte te erken dat hy hulle net wil wegneem om Wendy terug te kry. Jonah en Charlotte besoek Wendy, wat verskoning vra vir die behandeling van haar gesin. Charlotte en Jonah besluit om by hulle ouers te bly. Op pad terug van die hospitaal oorleef die Byrdes 'n motorongeluk. Navarro besef Camila wil hom vermoor en maak planne teen haar. Camila en die FBI vergader met die Byrdes, Ruth en Rachel om hulle ooreenkoms te finaliseer. Camila reël dat Navarro na 'n ander tronk oorgeplaas word, waartydens hy vermoor word. Op die Byrdes se geldinsameling dwing Camila Clare om te erken Ruth het Javi vermoor, maar sy onthul nie die Byrdes se betrokkenheid nie. Camila keer dat hulle Ruth waarsku. Toe Ruth tuis aankom, vermoor Camila haar. Die Byrdes keer terug huis toe en ontdek Mel het ingebreek om die koekiefles met Ben se as te kry. Buite hulle huis belowe hy dat hy hulle sal laat boet, maar Jonah kom uit met 'n geweer. Die skerm word swart toe 'n geweerskoot gehoor word.

Ontvangs

wysig

Seisoen 1

wysig

Die eerste seisoen het op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 70% gekry, gebaseer op 69 resensies, met 'n gemiddelde punt van 6,8/10. Die webtuiste prys Jason Bateman se spel.[21] Op Metacritic het dit 'n gemiddelde punt van 66 uit 100 gekry, gebaseer op 29 resensies, wat dui op "algemeen gunstige resensies".[22]

Die TV-resensent Sonia Saraiya van Variety skryf Ozark is "slim, goed gedoen en dit sê iets," en dat die reeks "slaag danksy Bateman se innemende en bedrieglik komplekse uitbeelding van Marty".[23] Tim Dowling van The Guardian skryf "Laura Linney is, soos altyd, manjifiek".[24]

Seisoen 2

wysig

Die tweede seisoen het op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 76% gekry, gebaseer op 46 resensies, met 'n gemiddelde punt van 6,6/10. Hulle prys Linney se spel.[25] Op Metacritic het dit 'n gemiddelde punt van 59 uit 100 gekry, gebaseer op 14 resensies, wat "gemeng of gemiddeld" is.[26]

Alison Foreman van Mashable prys die rolle en toneelspel van die vroue deur al 10 episodes en vergelyk dit met The Sopranos."[27]

Seisoen 3

wysig

Op Rotten Tomatoes het die derde seisoen 'n goedkeuringsyfer van 98% gekry, gebaseer op 49 resensies, met 'n gemiddelde punt van 8,2/10. Hulle prys Linney se toneelspel.[28] Op Metacritic het dit 'n gemiddelde punt van 77 uit 100 gekry, gebaseer op 12 resensies, wat "algemeen gunstig" is.[29]

Seisoen 4

wysig

Op Rotten Tomatoes het die vierde seisoen 'n goedkeuringsyfer van 85% gekry, gebaseer op 67 resensies, met 'n gemiddelde punt van 7,8/10.[30]

Rsensente het die eerste deel van die seisoen geprys vir die skyfwerk, spanning en toneelspel, veral dié van Linney.[31] Stuart Jeffries van The Guardian het die eerste deel vyf uit vyf gegee en Linney se spel uitgesonder.[32] Nandini Balial van RogerEbert.com het gevoel Garner se spel as Ruth "sal onthou word as van die beste wat nog op TV-stroomdienste gesien is".[33]

Ben Travers van IndieWire het ook Linney se spel geprys. Hy het egter gevoel die eerste deel was "effens voorspelbaar".[34] Daniel D'Addario van Variety het ook Linney en Garner se spel geprys.[35]

Die tweede deel van die vierde seisoen het op Metacritic 'n gemiddelde punt van 73 uit 100 gekry, gebaseer op 14 resiensies, wat dui op "algemeen gunstig".[36]

Kulturele invloed

wysig

In November 2017 is berig die reeks het toerisme na en die bekendheid van die Meer van die Ozarks verhoog, maar nie 'n groot ekonomiese invloed gehad nie.[37] In Februarie 2018 is 'n restaurant met die naam "Marty Byrde's" in Lake Ozark, Missouri, geopen met items op die spyskaart wat deur die reeks beïnvloed is, insluitende "Ruth's Smoked Wings".[38]

Verwysings

wysig
  1. Johnson, Julie (2 Maart 2016). "New Netflix Series "Ozark" Starring Jason Bateman Slated to Debut in 2017". Inquisitr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018. Besoek op 28 Maart 2016.
  2. Debnath, Neela (1 September 2018). "Ozark Season 2 Cast: Who is Lulu Actress Kiley Casciano?". The Daily Express. London, UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2019. Besoek op 3 September 2018.
  3. 3,0 3,1 Petski, Denise (27 Julie 2016). "Laura Linney To Star in Jason Bateman's Netflix Drama Series "Ozark"". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2016. Besoek op 27 Julie 2016.
  4. 4,0 4,1 4,2 Sciretta, Peter (25 Februarie 2016). "Jason Bateman's New Series Goes To Netflix, Will Be Dark Dangerous Drama". /Film. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2019. Besoek op 25 Februarie 2016.
  5. Goldberg, Lesley (25 Februarie 2016). "Netflix Lands Jason Bateman Drama "Ozark"". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2016. Besoek op 25 Februarie 2016.
  6. 6,0 6,1 Loughrey, Clarisse (25 Mei 2017). "Ozark trailer: Exclusive look at Netflix's gritty, dark new drug trade drama". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2017. Besoek op 25 Mei 2017.
  7. Ramos, Dino-Ray (21 Junie 2018). ""Ozark" Sets Season Two Premiere Date, Gives First Look At Netflix Drama". Deadline Hollywood (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2018. Besoek op 21 Junie 2018.
  8. Ausiello, Michael (10 Oktober 2018). "Ozark Renewed for Season 3 at Netflix". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 10 Oktober 2018.
  9. Pedersen, Erik (8 Januarie 2020). ""Ozark": Season 3 Premiere Date & First-Look Photo For Jason Bateman-Laura Linney Netflix Drama". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op 8 Januarie 2020.
  10. White, Peter (30 Junie 2020). "'Ozark' Renewed For Supersized Fourth & Final Season By Netflix". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2020. Besoek op 30 Junie 2020.
  11. Complex, Valerie (19 Oktober 2021). "'Ozark' Sets Season 4 Part 1 Premiere Date, Releases Teaser". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2021. Besoek op 19 Oktober 2021.
  12. Cordero, Rosy (23 Februarie 2022). "'Ozark': Netflix Sets Season 4 Return And Releases Teaser". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2022. Besoek op 23 Februarie 2022.
  13. 13,0 13,1 Roshanian, Arya (25 Oktober 2016). "Netflix Drama 'Ozark' Adds Julia Garner Opposite Jason Bateman and Laura Linney". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2016. Besoek op 26 Oktober 2016.
  14. Keegan, Harrison (1 Julie 2016). "Fame anticipated as Jason Bateman's Netflix series explores Lake of the Ozarks". Springfield News-Leader. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 1 Mei 2017.
  15. Balkovich, Robert (8 Mei 2020). "Here's how Ozark's writers actually learned how to launder money". Looper (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 30 Julie 2020.
  16. Watson, Nick (15 Oktober 2016). "Coming Netflix series to shoot scene at Flowery Branch restaurant". The Gainesville Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 18 September 2018.
  17. "Ozark". Explore Canton, GA (in Engels (VSA)). Besoek op 15 September 2023.
  18. "Ozark Season 4 Part 2 Trailer: Jason Bateman, Julia Garner, Laura Linney's Netflix Show Comes to an End With Shocking Turns". LatestLY. Juinagar, Navi Mumbai, Maharashtra, India. 30 Maart 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2022. Besoek op 30 Maart 2022.
  19. 19,0 19,1 19,2 19,3 Petski, Denise (14 Junie 2019). "'Ozark': Tom Pelphrey, Jessica Frances Dukes Among Four Cast; Two Promoted For Season 3 Of Netflix Series". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 14 Junie 2019.
  20. 20,0 20,1 Petski, Denise (13 November 2020). "'Ozark' Rounds Out Cast For Season 4 Of Netflix Series; Felix Solis & Damian Young Upped To Series Regulars". Deadline. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 17 November 2020.
  21. "Ozark: Season 1 (2017)". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 2 September 2018.
  22. "Ozark – Season 1 Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 29 Julie 2017.
  23. Saraiya, Sonia (12 Julie 2017). "TV Review: Netflix's 'Ozark,' Starring Jason Bateman and Laura Linney". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 21 Julie 2017.
  24. Dowling, Tim (22 Julie 2017). "Ozark review – Jason Bateman and Laura Linney go wild in the country". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 14 Augustus 2018.
  25. "Ozark: Season 2 (2018)". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 2 Oktober 2021.
  26. "Ozark – Season 2 Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 6 September 2018.
  27. Foreman, Alison (8 September 2018). "The women of 'Ozark' redefine the male-centric crime genre". Mashable. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 8 September 2018.
  28. "Ozark: Season 3 (2020)". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 2 Oktober 2021.
  29. "Ozark – Season 3 Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 12 Januarie 2021.
  30. "Ozark: Season 4 (2022)". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2022. Besoek op 19 Mei 2022.
  31. Lowry, Brian (21 Januarie 2022). "'Ozark' flies higher as the Byrdes begin the last leg of their journey". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2022. Besoek op 14 Februarie 2022.
  32. Jeffries, Stuart (21 Januarie 2022). "Ozark review – Jason Bateman and Laura Linney could teach Lady Macbeth a thing or two". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2022. Besoek op 14 Februarie 2022.
  33. Balial, Nandini (21 Januarie 2022). "Netflix's Ozark Begins Its Long Goodbye". RogerEbert.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2022. Besoek op 14 Februarie 2022.
  34. Travers, Ben (18 Januarie 2022). "'Ozark' Review: Season 4, Part 1 Questions If There's Enough Good Left to Bury the Bad (No Spoilers)". IndieWire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2022. Besoek op 14 Februarie 2022.
  35. D'Addario, Daniel (18 Januarie 2022). "'Ozark' Season 4 Is All Incident, Little Drama: TV Review". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2022. Besoek op 14 Februarie 2022.
  36. "Ozark – Season 4.5 Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2022. Besoek op 6 Mei 2022.
  37. Keegan, Harrison (23 November 2017). "Netflix show 'Ozark' brings notoriety, but not much business to Lake of the Ozarks resort". Springfield News-Leader. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 30 Julie 2020.
  38. Havranek, Andrew (18 Februarie 2018). "New restaurant inspired by Netflix's "Ozark" to open in Lake Ozark". KY3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2020. Besoek op 30 Julie 2020.

Skakels

wysig