Pal Tubten Shedrup Ling-sentrum
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Pal Tubten Shedrup Ling-sentrum is ’n Suid-Afrikaanse sentrum in die Nyingma-tradisie van Tibettaanse Boeddhisme in Pretoria. Volgens hul webtuiste is die sentrum gestig op versoek van Dzogchen Lingla Rinpoche en die lama Orgyen Chokyi Dorje.[1]
Dit is ’n organisasie sonder winsbejag wat onder meer seminare en konferensies reël en die Tibettaanse Boeddhistiese filosofie leer en beoefen. Hulle bevorder ook kulturele uitruiling tussen Suid-Afrika en Tibet.