Palladiumfosfosulfied

chemiese verbinding
Eienskappe

Algemeen

Naam Palladiumfosfosulfied
 
Chemiese formule PdPS
Molêre massa 169,46 [g/mol]
CAS-nommer
Fasegedrag  
Selkonstantes 1330,45(37)pm; 567,77(5)pm; c=569,32(5)pm[1]  
Ruimtegroep Pbcn 
Nommer 60
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid 5,13 g/cm3[1]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Palladiumfosfosulfied is 'n verbinding van palladium met swael en fosfor met die chemiese formule PdPS.

Dit is 'n diamagnetiese halfgeleier.

As dit ionogeen beskou word, kan dit as Pd2+2[SPPS]4− geskryf word.

Kristalstruktuur

wysig

PdPS kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. PdPSe het dieselfde struktuur. Palladiumatome word deur twee swael- en twee fosforatome gekoördineer wat 'n effens verwronge vlak vierkant vorm. Die [S-P-P-S]4- anioon word deur drie enkelbindings bymekaar gehou. Die forsforatome word deur een fosfor-, een swael- en twee palladiumatome in 'n effens verwronge tetraëder omring. Die swaelatome het net drie ligande (een P en twee Pd) en 'n eensame elektronpaar maak die tetraëder kompleet. Die P-P-afstand is 221pm wat amper dieselfde is 'n die element fosfor. Die struktuur bestaan uit dubbellae met een S-P einde in een laag en die ander P-S in die ander laag. Die dubbellae word net deur swak venderwaalsinteraksies bymekaar gehou.[1]

Eienskappe

wysig

Die bandgaping is 1,70 eV vir 'n 3D grootmaatkristal maar dit is groter vir monster wat net uit twee of drie lae bestaan (1,75 eV) en 1,95 eV vir een 2D lagie.[2]

Palladiumfosfosulfied is gekarakteriseer as elektrodemateriaal in fotoëlektrochemiese selle. [3] PdPS in die vorm van 'n samestelling met grafietoksied (rGO-PdPS) kataliseer die vorming van suurstof in basiese mediums.[4] Vanweë die gelaagde struktuur van PdPS kan ook litiumione elektrolities geïnterkaleer word.[5]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 Jeitschko, W. (1974). "The structure of PdPS and the crystal chemistry of late transition-metal dipnictides and dichalcogenides". Acta Cryst. B. 30: 2565–2572. doi:10.1107/S0567740874007606.
  2. Y. Jing, Y. Ma, Y. Wang, Y. Li, T. Heine (2017). "Ultrathin Layers of PdPX (X=S, Se): Two Dimensional Semiconductors for Photocatalytic Water Splitting". Chem. Eur. J. 23: 13612. doi:10.1002/chem.201703683.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. J.C.W. Folmer, J.A. Turner, B.A. Parkinson (1987). "Photoelectrochemical characterization of several semiconducting compounds of palladium with sulfur and/or phosphorus". J. Solid State Chem. 68: 28.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. Sujoy Sarkar, Shubham Patel, S. Sampath (2020). "Efficient oxygen reduction activity on layered palladium phosphosulphide and its application in alkaline fuel cells". Journal of Power Sources. 445: 227280. doi:10.1016/j.jpowsour.2019.227280.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. Sujoy Sarkar, Debdyuti Mukherjee, Srinivasan Sampath (2017). "Layer-type palladium phosphosulphide and its reduced graphene oxide composite as electrode materials for metal-ion batteries". Journal of Power Sources. 362: 80–85. doi:10.1016/j.jpowsour.2017.06.074.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)