Palladiumsulfied
Palladiumsulfied is 'n verbinding van palladium en swael met formule PdS.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Palladiumsulfied |
Chemiese formule | PdS |
Molêre massa | 138,49 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 12125-22-3[1] |
Voorkoms | swart vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=642,9 pm; c=661,1 pm;[2] |
Ruimtegroep | P42/m[2] |
Nommer | 84 |
Strukturbericht | B34 |
Smeltpunt | 950 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | enigsins oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit word in die natuur as die mineraal vysotskiet aangetref.[3]
Palladiumsulfied is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,6 eV en 'n hoë absorpsiekoëffisiënt (a ~105 cm-1 by hν>2,0eV) wat bestudeer is vir gebruik in fotoëlektrochemiese[4] en fotovoltaïese[5] sonselle.
Kristalstruktuur
wysigPalladiumsulfied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur wat die argetipe van die B34-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die palladiumatome word deur 'n vlak vierkant van vier swaelatome omring.[2]
Eienskappe
wysigDie stof kan verkry word deur poeiers van die elemente in kwartsampulle in 'n vakuum te verhit.
PdS het interessante elektriese eienskappe. Tot 200K neem die geleidbaarheid σ toe soos 'n halfgeleier maar van 200K tot 600K is dit amper konstant. Bo 600K neem dit weer toe. Die Seebeck-koëffisiënt S is groot en negatief (400 μV/K teen 350K sonder dotering) wat daarop dui dat die geleiding veral deur elektrone veroorsaak word. Die termoëlektriese kragfaktor PF=S2σ is baie hoog (27μW/cm.K2 by 800K) wat dit 'n interessante materiaal vir opwekking van termoëlektriese elektrisiteit maak.[6]
Wanneer palladiumsulfied by temperature van 150 °C aan waterstofgas blootgestel word, verloor die verbinding 'n deel van sy swael en vorm Pd4S wat 'n kragtige katalisator vir die selektiewe hidrogenering van asetileen is:[7]
Verwysing
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Palladium Sulfide". American elements.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "PdS (B34) Structure: AB_tP16_84_cej_k". Aflow.
- ↑ "Vysotskite". mindat 4221.
- ↑ J.C.W. Folmer, J.A. Turner, B.A. Parkinson (1987). "Photoelectrochemical characterization of several semiconducting compounds of palladium with sulfur and/or phosphorus". J. Solid State Chem. 68: 28.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ I.J. Ferrer, P. Díaz-Chao, A. Pascual, C. Sánchez (2007). "=An investigation on palladium sulphide (PdS) thin films as a photovoltaic material". Thin Solid Films. 515 (15): 5783–5786. doi:10.1016/j.tsf.2006.12.079.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Liu-Cheng Chen, Bin-Bin Jiang, Hao Yu, Hong-Jie Pang, Lei Su, Xun Shi, Li-Dong Chen, Xiao-Jia Chen (2018). "Thermoelectric properties of polycrystalline palladium sulfide". RSC Advances. 8: 13154–13158. doi:10.1039/C8RA01613E.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Yanan Liu, Alan J. McCue, Junting Feng, Shaoliang Guan, Dianqing Li, James A. Anderson (2018). "Evolution of palladium sulfide phases during thermal treatments and consequences for acetylene hydrogenation". Journal of Catalysis. 364: 204–215. doi:10.1016/j.jcat.2018.05.018.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)