Panasonic Wild Knights
Die Panasonic Wild Knights (voorheen Sanyo) is ’n Japanse rugbyspan wat in Ōtastad, Gunmaprefektuur geleë is en deelneem aan die Top League. Die span het die 2007–08-seisoen van die kompetisie, onder leiding van Tony Brown (hoewel hy nie die kaptein was nie) oorheers en was die eerste span wat onoorwonne in ’n Top League-seisoen was.
Panasonic Wild Knights パナソニックワイルドナイツ | ||||
Bynaam(e) | Wild Knights | |||
Stigting | 1960 | |||
Unie | Japanse Rugbyvoetbalunie | |||
Ligging | Ota, Gunma | |||
Stadion | Verskeie stadions | |||
Afrigter(s) | Robbie Deans | |||
Kaptein(s) | Shota Horie | |||
Liga(s) | Top League | |||
|
Geskiedenis
wysigVroeë jare (1960 tot 1975)
wysigDie Wild Knights is in 1960 gestig deur alumni van die Kumagai Industriële Skool en werknemers van die Toshiba-korporasie. Dit was aanvanklik ’n amateurspan wat gedurende die 1960’s in die Kantō-ligas deelgeneem het en stelselmatig boontoe gevorder het in die rugbypiramide van die prefektuur.
In 1968 het die span hul eerste toer onderneem toe hulle na Suid-Korea gereis het waar hulle teen ’n aantal maatskappy- en universiteitspanne gespeel het. In 1971 het hulle vir die eerste keer die Kantō-rugbykampioenskap gewen nadat hulle slegs 9 jaar vantevore in die vierde divisie begin het. Hierdie sukses is opgevolg deur nog ’n kampioenskapstitel.
Groei en Sukses (1975 tot 2002)
wysigNa ’n aantal tweede plekke het die klub sewe agtereenvolgende titels tussen 1976 en 1982 gewen en so die dominante rugbyspan in Kantō-chihō geword. Hulle het in 1986 en ’87 weer gewen en is daarna by die Oos-Japanse Rugbykampioenskap ingeskryf om teen ander topklubs van Kantō en Tōhoku deel te neem. Rugby was ’n groterwordende sport in Japan en het in gewildheid en mededingendheid begin toeneem buite die normale vestings van maatskappye en universiteite. Hoewel dit in naam nog ’n amateursport was, het die Wild Knights nietemin hul posisie in die Toshiba-korporasie gebruik om talentvolle buitelanders te huur om vir die maatskappy te ‘werk’ met die eintlike bedoeling om vir die rugbyspan te speel. Hierdie praktyk het hoogty gevier in rugby en ook in voetbal en bofbal.
Die nooienseisoen van die nuwe Oos-Japanse Rugbykampioenskap is in 1988 deur die Wild Knights gewen, en weer in 1990 en 1991. Later in die 1990’s het die span nog ’n paar seisoene gewen en in Mei 1997 is die klub se nuwe stadion in Ryumai-cho amptelik bekendgestel.
Prestasies
wysig- Kantō-rugbykampioenskapwenners: 1971, 1972, 1976 tot 1982, 1986, 1987
- Oos-Japanse Rugbykampioenskapwenners: 1988, 1990, 1991, 1994, 1995, 1997
- Top League-wenners: 2008, 2010, 2014 tot 2016