Pappa Lap
Pappalap is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1971 uitgereik is. Jans Rautenbach was die regisseur, skrywer en vervaardiger. Dit is ook bekend as Pappa Lap: ’n Verhaal van ’n pa en sy dogter.
Pappalap | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Produksieleier | Jans Rautenbach |
Draaiboek | Jans Rautenbach |
Met | Katinka Heyns, Gordon Vorster, Hermien Dommisse e.a. |
Kinematografie | Koos Roets |
Uitgereik | 1971 |
Speeltyd | 148 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n gesinsdrama.
Akteurs
wysigVan die akteurs is Katinka Heyns, Gordon Vorster, Hermien Dommisse en Marga van Rooy.
Storielyn
wysigDie prent ondersoek die verhouding tussen ’n arm wewenaar en sy 17-jarige dogter. Sy droom van ’n matriekafskeid, die aantreklike seun in haar klas en ’n lang, wit rok. Hy verkoop in die geheim sy geliefde duiwe om vir haar ’n rooi rok te laat maak, maar intussen laat ’n onderwyseres ook vir Chrissie ’n rok maak: ’n wit, elegante rok. Watter een gaan Chrissie kies?