Rooieekhoring
(Aangestuur vanaf Paraxerus palliatus)
Die rooieekhoring (Paraxerus palliatus) is 'n eekhoring wat inheems is aan die oostelike kusgebiede van Afrika, sekere binnelandse bergwoude asook rivierbos in Tanzanië. Die suidelike subspesie P. p. ornatus is endemies aan Ngoyebos naby Eshowe, terwyl P. p. bridgemani vanaf St. Lucia, KwaZulu-Natal, noordwaarts aangetref word. Die knaagdier kan tot 6 cm hoog en 20 tot 50 cm lank word. Hulle weeg van 200 tot 300 gram. Die diertjie met 'n wolstert, en die pels is ventraal kastaiingrooi gekleurd. Hul presiese kleur en grootte gaan met hul habitat saam. In vogtige woud is hulle groter en donkerder, en in droë bos kleiner en rooier.[3]
Rooieekhoring | |
---|---|
'n Rooieekhoring in Selouswildtuin, Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. palliatus
|
Binomiale naam | |
Paraxerus palliatus (Peters, 1852)
| |
Subspesies[2] | |
|
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
wysig- ↑ Grubb, P. (2008). Paraxerus palliatus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 6 Januarie 2009.
- ↑ Thorington, R.W., Jr.; Hoffmann, R.S. (2005). "Family Sciuridae". In Wilson, D.E.; Reeder, D.M (reds.). Mammal Species of the World: a taxonomic and geographic reference (3rd uitg.). The Johns Hopkins University Press. pp. 754–818. ISBN 0-8018-8221-4. OCLC 26158608.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|chapterurl=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Kingdon, Jonathan; Happold, David; Butynski, Thomas; Hoffmann, Michael; Happold, Meredith; Kalina, Jan (2013). Mammals of Africa. Vol. 3. Bloomsbury Publishing. p. 84. ISBN 9781408189962.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooieekhoring.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rooieekhoring