Parlementsbiblioteek van Suid-Afrika

biblioteek van die Suid-Afrikaanse parliment

Die Parlementsbiblioteek van Suid-Afrika is geleë in Kaapstad, en is ‘n besondere vak- en naslaanbiblioteek.[1]

Dit bedien alle huidige sowel as voormalige parlementslede, die staatspresident, dienende en oud-regters, amptenare van die parlement en die staat se regsadviseurs. Met spesiale toestemming kan sekere navorsers en studente die geriewe gebruik. Dit is nie vir die algemene publiek toeganklik nie.[1]

Sedert 1950 is dit ‘n pligleweringsbiblioteek. Vanaf die 1960’s word dit nie streng toepgepas nie, weens ruimtegebrek en word alleen inligtingsbronnne aanvaar van belang vir die moontlike gebruikers daarvan.

Boeke (o.a. Africana), tydskrifte, koerante (koerantuitknipsels), joernale, historiese foto’s en landkaarte, regeringspublikasies (ook van ander lande), manuskripte, uitgebreide statute, kunswerke, ens. in druk sowel as in elektroniese formate is beskikbaar oor veral onderwerpe soos die regte, ekonomie, finansies, sosiologie, staatsadministrasie, geskiedenis, biografie.[1]

Die Mendelssohn-versameling, die Jardine-versameling (William Jardine) sowel as ‘n besondere versameling inligtingsbronne oor die Tweede Vryheidsoorlog word ook hier gehuisves.

‘n Bepaalde stadium in die grondwetlike ontwikkeling van die Kaapkolonie in 1854 kan as stigtingsmoment van die biblioteek beskou word.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig
  • Mostert, B.J.: Parliamentary library services in South Africa. journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC61269

Eksterne skakels

wysig