Partimage
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Partimage is 'n nutsprogram vir Linux/Unix-stelsels om hardeskywe te kloon. Partimage kan partisies as 'n lêer op 'n skyf stoor in verskeie formate. Nutsprogramme soos Partimage is nuttig in baie situasies wat netwerk-administrateurs, asook ander rekenaargebruikers wat hul eie stelsels onderhou, dikwels teëkom.
Partimage | |
Partimage 0.6.7 op Ubuntu
| |
Skrywer | Francois Dupoux en Franck Ladurelle |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 11 September 2001 |
Nuutste weergawe | 0.6.9/ 25 Julie 2010 |
Bedryfstelsel | Linux, kruisplatform (Live CD) |
Kategorie | Web application framework |
Lisensie | GNU GPL |
Webblad | partimage.org |
Algemene gebruike
wysigSommige algemene gebruike vir Partimage is as volg:[1]
- Rugsteuning van 'n hele hardeskyf of indiwiduele partisies. Die rugsteuning van 'n hele skyf is nuttig vir die herwin van inligting as 'n skyf faal of die data beskadig sou word.
- Grootskaalse ontplooiïng van bedryfstelsels. Organisasies met baie rekenaars waarvan die hardeware met mekaar ooreenstem kan Partimage of soortgelyke nutsprogramme gebruik om die uitrol van bedryfstelsels en sagteware te vergemaklik.
Kenmerke
wysigVir Windows gebruikers het Partimage ook eksperimentele ondersteuning vir die NTFS-lêerstelsel deur van NTFS-3G gebruik te maak. Partimage ondersteun die meeste Linux-lêerstelsels en kan aangetref word in die meeste Linux-verspreidings, insluitende Debian[2] en die sogenaamde LiveDistros PING,[3] Knoppix[4] en SystemRescueCD.[5]
Ander noemenswaardige kenmerke sluit in datakompressie van skyflêers, ondersteuning vir die rugsteuning/herstel vanaf 'n netwerk lêerbediener en dataversluiering.
Verwysings
wysig- ↑ Backup and Restore Linux Partitions Using Partimage – Debian Admin
- ↑ Debian Partimage
- ↑ "PING Partimage". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2006. Besoek op 16 Julie 2008.
- ↑ "Knoppix Partimage". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2011. Besoek op 16 Julie 2008.
- ↑ SystemRescueCD Partimage
Eksterne skakels
wysig- Partimage Homepage Geargiveer 8 Februarie 2017 op Wayback Machine
- Partimage gebruikersposlys