Patriarg Pimen van Moskou
Pimen (Russies: Пимен; 23 Julie [O.S. 10 Julie] 1910 – 3 Mei 1990) was van 1971 tot 1990 die 14de Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.
Patriarg Pimen | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 3 Junie 1971 – 3 Mei 1990 | |||
Russies | Пимен | |||
Kerkampte | ||||
Monnik | 5 Desember 1925 | |||
Priester | 25 Januarie 1932 | |||
Biskop | 17 November 1957 | |||
Voorganger | Patriarg Aleksi I | |||
Opvolger | Patriarg Aleksi II | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Sergei Michailowitsj Izwekof (Сергей Михайлович Извеков) | |||
Gebore | 23 Julie 1910 | |||
Geboorteplek | Bogorodsk, Russiese Keiserryk | |||
Oorlede | 03 Mei 1990 (op 79) | |||
Sterfteplek | Moskou, Sowjetunie | |||
Nasionaliteit | Russies | |||
|
Hy is as Sergei Michailowitsj Izwekof (Сергей Михайлович Извеков) op die dorp Bogorodsk naby Moskou gebore. Hy het in 1925 ’n monnik in die Sretenski-klooster in Moskou geword en daarna verskeie jare in kloosters en katedrale in Moerom, Odessa en Pskof deurgebring. In 1954 het hy hoof van die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei buite Moskou geword.
In 1961 is hy aangestel as aartsbiskop van Leningrad en Ladoga en na die dood van patriarg Aleksi I in 1971 verkies tot patriarg van Moskou en die hele Rusland.
Pimen het ’n moeilike taak gehad: om die Ortodokse Kerk te lei onder die amptelik ateïstiese Kommunistiese Party. Hy het nou met die owerhede saamgewerk en aan verskeie vredeskonferensies van die regering deelgeneem. Hy het verskeie medaljes vir vrede ontvang en was van 1963 af lid van die Wêreldvredesraad. In 1988, aan die einde van sy termyn, het hy die duisendste herdenking van die kerstening van Roes' gereël.
Eksterne skakels
wysig- Pimen (Izwekof) Geargiveer 13 September 2014 op Wayback Machine (ru)
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia