Patriarg Pitirim van Moskou
Pitirim van Kroetitsi (Russies: Питирим Крутицкий; ? - April 1673) was die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.
Patriarg Pitirim | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 7 Julie 1672 – 19 April 1673 | |||
Russies | Питирим | |||
Kerkampte | ||||
Voorganger | Patriarg Joasaf II | |||
Opvolger | Patriarg Joachim | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Gebore | ? | |||
Geboorteplek | Soezdal, Rusland | |||
Oorlede | 29 April [O.S. 19 April] 1673 | |||
Sterfteplek | Moskou | |||
Nasionaliteit | Russies | |||
|
Hy was van 1664 tot 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod. Terwyl Nikon patriarg was, was Pitirim die aartsbiskop van Kroetitsi. Toe Nikon sy amp vrywillig verlaat, het Pitirim in sy plek waargeneem. Hy het soos ’n volwaardige patriarg opgetree sonder om Nikon te raadpleeg.
Toe Nikon se saak voor ’n kerklike raad dien, was Pitirim een van sy grootste teenstanders en beskuldigers, dalk in die hoop dat hy die amp kan oorneem. Hy het egter nie geslaag nie, want die raad het Joasaf II bo hom gekies. Eers ná laasgenoemde se dood in 1672 het Pitirim patriarg geword tot met sy dood ’n jaar later.