Patriarg Joachim van Moskou
Joachim (Russies: Иоаким, Ioakim; 1620 – 17 Maart 1690) was die negende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy was ’n teenstander van die skeuring in die Russies-Ortodokse Kerk en ’n stigter van die Slawies-Grieks-Latynse Akademie.
Patriarg Joachim | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Russies | Иоаким | |||
Kerkampte | ||||
Voorganger | Patriarg Pitirim | |||
Opvolger | Patriarg Adriaan | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Iwan Petrowitsj Sawelof (Иван Петрович Савелов) | |||
Gebore | 1620 | |||
Geboorteplek | Sibkowo, Russiese Keiserryk | |||
Oorlede | 17 Maart 1690 | |||
Sterfteplek | Moskou | |||
Nasionaliteit | Russies | |||
|
Hy is gebore as Iwan Petrowitsj Sawelof (Иван Петрович Савелов) en was van adellike afkoms. Nadat sy gesin in 1654 in ’n epidemie dood is, het hy ’n monnik geword.
In 1664 het Joachim die ab van die Tsjoedof-klooster in die Moskouse Kremlin geword en in 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod.[1] Hy is op 26 Julie 1674 tot patriarg verkies ná die dood van patriarg Pitirim. Hoewel Joachim deelgeneem het aan die afsetting van patriarg Nikon, het hy Nikon se beleidsrigtings jeens die Ougelowiges voortgesit.
Verwysings
wysig- ↑ Pawel Tichomirof, Kafedra Nowgorodskich Swjatitelei (Nowgorod, 1895), vol. 2. (ru)
Eksterne skakels
wysig}