Paul Krugerstraat
Paul Krugerstraat is 'n straat in Pretoria wat na die destydse presedent van die ZAR, Paul Kruger vernoem is. Die straat loop van noord na suid deur die middestad en deur Kerkplein. Dit het Kerkstraat op die plein gekruis, maar Kerkstraat se naam is sedertdien verander. Aan die verste suidekant lê die Pretoria Treinstasie.
Besienswaardighede
wysigVan die besienswaardighede in Paul Krugerstraat sluit in:
- Kerkplein met die Krugerstandbeeld, Paleis van Justisiegebou en die Ou Raadsaal.
- Stadsaal van Pretoria tussen Minnaar- en Visagiestraat.
- Transvaal Museum (deesdae die Ditsong National Museum of Natural History).
- Die ou Joodse sinagoge.
- Hoërskool Langenhoven met die C.J. Langenhoven-standbeeld.