Persbesem
Die persbesem (Polygala virgata) is 'n boom wat in 'n verskeidenheid habitatte groei: woudrande, op dagsome en in sanderige kusstreke.
Persbesem | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Polygalaceae |
Genus: | Polygala |
Spesie: | P. virgata
|
Binomiale naam | |
Polygala virgata Thunb. (1800)
|
Die boom se FSA-nommer is 302.2.[1] Die boom staan ook bekend as die bloukappie.
Beskrywing
wysigDie boom dra donkerpers blomme op eindstandige are.
Subspesies
wysigDie spesie het drie subspesies:
- Polygala virgata var. decora (Sond.) Harv.
- Polygala virgata var. speciosa (Sims) Harv.
- Polygala virgata var. virgata
Verspreiding
wysigIn Suid-Afrika kom hulle vanaf Kaapstad voor, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga voor. In die res van Afrika is die boom inheems in die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World
- REDLIST Sanbi