Pierre Rabie

Suid-Afrikaanse regter (1917-1997)

Pieter Jacobus "Pierre" Rabie (1917–1997) was 'n senior Suid-Afrikaanse regter tydens die apartheidsera en het van 1982 tot 1989 as hoofregter gedien.[1]

Vroeë lewe en opvoeding

wysig

Rabie, wat in 1917 in die Vrystaat gebore is, matrikuleer op Koffiefontein in 1934. Daarna het hy by die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf waar hy 'n BA-graad behaal, gevolg deur 'n MA in Latyn en 'n MA in Grieks, al drie grade cum laude. Nadat hy 'n beurs ontvang het, begin hy sy klassieke studies aan die Universiteit van Michigan en word die graad Doktor in die Wysbegeerte toegeken in 1943. Nadat hy na Suid-Afrika teruggekeer het, het hy klas gegee in klassieke tale aan die Universiteit van Stellenbosch en ook in die regte begin studeer en verwerf sy LLB (cum laude) aan die einde van 1948.[2]

Loopbaan

wysig

Rabie het kort nadat hy gegradueer het as advokaat by die Pretoriase Balie begin praktiseer en in 1962 het hy 'n senior advokaat geword. In 1966 is hy as regter van die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof aangestel. In 1970 tree hy vir die eerste keer op as regter van die appèlafdeling van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof en 1971 word hy permanent in die Hoogste Hof van Appèl aangestel. In 1982 is hy as hoofregter van Suid-Afrika aangestel.[2]

Persoonlike lewe

wysig

In 1947 trou hy met Annalie le Roux, saam met wie hy twee dogters en 'n seun gehad het.[2] Sy seun, ook genoem Pierre, het 'n regter van die Gautengse hooggeregshof geword.[3][4]

Verwysings

wysig
  1. "The late Chief Justice P J Rabie SC" (PDF). Sabar.co.za. Besoek op 16 Julie 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 Mahomed, Ismail (1998). "We remember them ... The late Chief Justice P J Rabie SC" (PDF). Consultus. General Council of the Bar of South Africa: 31.
  3. "Fairbridges and the Chief Justice of South Africa". Fairbridges Wertheim Becker (in Engels). 5 September 2013. Besoek op 26 April 2023.
  4. "Student wins R23m lawsuit". IOL. 15 Augustus 2013. Besoek op 26 April 2023.