Poliomiëlitis
Poliomiëlitis, ook kinderverlamming of kortweg polio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem.[1]
Poliomiëlitis | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is. | ||
ICD-10 | A80, B91 | |
ICD-9 | 045, 138 | |
DiseasesDB | 10209 | |
MedlinePlus | 001402 | |
eMedicine | ped/1843pmr/6 | |
MeSH | C02.182.600.700 | |
Mediese waarskuwing |
Land | Aktiewe gevalle |
Sirkuleerende entstof- verwante gevalle |
Oordrag- status |
Tipe(s) |
---|---|---|---|---|
Afghanistan | 21 | 0 | endemies |
WPV1 |
Pakistan | 12 | 0 | endemies |
WPV1 |
DR Kongo | 0 | 20 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Indonesië | 0 | 1 | slegs cVDPV |
cVDPV1 |
Mosambiek | 0 | 1 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Niger | 0 | 10 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Nigerië | 0 | 34 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Papoea-Nieu-Guinee | 0 | 26 | slegs cVDPV |
cVDPV1 |
Somalië | 0 | 12 | slegs cVDPV |
cVDPV2/3 |
Totaal | 33 | 104 |
Die poliovirus dring die liggaam deur die mond binne. Dit word gewoonlik as gevolg van swak higiëne of die inname van besmette water of voedsel versprei. Die virus se inkubasietyd is meestal 6-20 dae. Dit val die sentrale senuweestelsel aan en vernietig die senuweeselle wat vir spierwerking verantwoordelik is. Die persoon se arms en bene word meestal geaffekteer en kan verlamming veroorsaak.
Hoewel immunisasie teen polio vryelik beskikbaar en effektief is, is daar tans geen medikasie vir mense wat dit reeds opgedoen het nie. Die behandeling is daarop gemik om die persoon so gemaklik as moontlik te maak en die hersteltyd te versnel. Die simptome van polio verskil afhangend van hoe erg die infeksie is. Sommige mense ervaar slegs moegheid, koors, hoofpyn, keelseer en braking. Die simptome is gewoonlik vir een tot twee weke teenwoordig. By ongeveer 2% van pasiënte kom abnormale sensasie (gevoel), swaar asemhaling, moelike sluk, spierpyne, spierspasmas en verlamming voor. Hierdie simptome word deur die infeksie en inflammasie in die sentrale senuweestelsel en spinaalkoord veroorsaak.
In die kroniese fase is die verlamming ongeneeslik en lei dit tot blywende spierswakte. By groeiende kinders kan dit misvorming veroorsaak, deurdat die aangetaste ledemate nie normaal ontwikkel nie, of deur spiere kromgetrek word. As dit die asemhalingspiere aantas kan dit tot die dood lei.
Entstof
wysigJonas Salk het in 1952 'n entstof ontwikkel teen polio.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Heymann D (2006). "Global polio eradication initiative". Bull. World Health Organ. Wêreldgesondheidsorganisasie. 84 (8): 595. PMID 16917643. Besoek op 31 Augustus 2020.
- ↑ (en) "Polio Case Count". Wêreldgesondheidsorganisasie. 27 Desember 2017. Besoek op 31 Augustus 2020.
- ↑ (en) "Polio This Week". Global Polio Eradication Initiative. 26 Mei 2020. Besoek op 31 Augustus 2020.
- ↑ (en) "The decade of the last recorded case of paralytic polio by country". Our World in Data. Besoek op 31 Augustus 2020.
Verdere leesstof
wysig- (en) Kluger Jefferey (2004). Splendid Solution: Jonas Salk and the Conquest of Polio. New York: G. P. Putnam's Sons. ISBN 978-0-399-15216-0.
- (en) Oshinsky DM (2005). Polio: An American story. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-515294-4.
polio.
- (en) Shaffer MM, Bernard S (2005). The death of a disease: a history of the eradication of poliomyelitis. New Brunswick, N.J: Rutgers University Press. ISBN 978-0-8135-3677-4.
- (en) Shell M (2005). Polio and its aftermath: the paralysis of culture. Cambridge: Harvard University Press. ISBN 978-0-674-01315-5.
polio.
- (en) Wilson DJ (2005). Living with polio: the epidemic and its survivors. Chicago: University of Chicago Press. ISBN 978-0-226-90103-9.
- (en) Wilson DJ, Silver J (2007). Polio voices: an oral history from the American polio epidemics and worldwide eradication efforts. New York: Praeger. ISBN 978-0-275-99492-1.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Poliomiëlitis.
- (en) "Polio". Encyclopædia Britannica. Besoek op 31 Augustus 2020.