Pomare II
Pomare II of Pōmare II (omstreeks 1782 – 7 Desember 1821; volle naam: Tū Tū-nui-ʻēʻa-i-te-atua Pōmare II), was van 1782 tot 1821 die tweede monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy is deur sy pa, Pomare I, op die troon geplaas, maar het van 1782 tot 1803 onder dié se regentskap regeer.[2]
Pomare II | |
---|---|
Koning | |
Dinastie | Pomare |
Bewind | 1782 – 7 Desember 1821 |
Volle naam | Tū Tūnuiʻēʻaiteatua Pōmare II |
Gebore | c. 1782 |
Gesterf | 7 Desember 1821 |
Motu Uta, Papeete, Tahiti | |
Voorganger | Pomare I |
Opvolger | Pomare III |
Eggenote | Tetuanui Tarovahine |
Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe | |
Teriʻitariʻa Ariʻipaea Vahine | |
Kinders | Pomare IV Teinaiti Pomare III |
Vader | Pomare I |
Moeder | Tetua-nui-reia-i-te-ra'i-atea[1] |
Lewe
wysigHy is aanvanklik erken as die opperheerser van Tahiti, maar is later gedwing om op die nabygeleë eiland Moorea te gaan skuil. Op 12 November 1815 het hy teruggekeer en sy vyande by die Slag van Te Feipi verslaan.[3]
Huwelik en kerstening
wysigPomare II was voor Maart 1797 met koningin Tetua-nui Taro-vahine, Ariʻi van Vaiari (nou Papeari) getroud. Sy is op 21 Julie 1806 op Arue oorlede.
Hy het geglo hy het die guns van die god 'Oro verloor en onder leiding van die sendeling Henry Nott die Christelike geloof aangeneem. Hy is op 16 Mei 1819 in Papeete gedoop[4] – sy Christenskap en die steun van die Engelse sendelinge het hom gehelp om die koninklike mag se sentraliseer.
Dood
wysigPomare is op 7 Desember 1821 in Papeete oorlede aan drankverwante oorsake.[5] Hy is deur sy seun, Pomare III, opgevolg wat van 1821 tot 1827 regeer het.
Verwysings
wysig- ↑ Teuira Henry, John Muggridge Orsmond (1928). Ancient Tahiti. Vol. 48. Bernice Pauahi Bishop Museum. p. 249.
- ↑ Royal Ark
- ↑ 1815 – La bataille de Fei Pi. Histoire de l'Assemblée de la Polynésie française
- ↑ The Evangelical Magazine and Missionary Chronicle, 28.
- ↑ "Genealogy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2018. Besoek op 4 Augustus 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pomare II.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia