Pompopgaarskema
'n Pompopgaarskema is 'n tipe hidroëlektriese kragopwekkingsmetode wat gebruik word deur sekere kragnetwerke vir die stoor van oormaat elektriese krag gedurende lae aanvraagperiodes. Hierdie metode stoor energie in die vorm van water, gepomp vanaf 'n laer na 'n hoër ligging.
Pompopgaarskemas is netto verbruikers van elektrisiteit, dit wil sê dit gebruik meer elektrisiteit om die water na bo te pomp as wat dit elektrisiteit opwek. Maar netoperateurs het nog altyd gesukkel om vraag en aanbod van elektrisiteit te balanseer omdat albei geneig is om te wissel maar dikwels op verskillende maniere. En elektrisiteit is nie maklik om te stoor nie. Die koms van hernubare maar wisselvallige bronne soos son en wind het hierdie probleem vererger. Pompopgaarskemas is 'n vorm van berging van skoon energie wat ideaal is vir elektrisiteitsnetwerke wat afhanklik is van son- en windkrag. Die tegnologie absorbeer surplusenergie in tye van lae aanvraag en stel dit vry wanneer die vraag hoog is.[1] Bv. daar is baie sonskyn gedurende die dag maar nie in die aand wanneer elektrisiteit benodig word nie.
Pompopgaarskemas in Suid-Afrika
wysig- Die Tugela-Vaal-waterprojek bevat 'n pomp-opgaarskema.
- Ingula-pompopgaarskema van Eskom.
- Palmiet pomp-opgaarskema naby Grabouw.
Verwysing
wysig- ↑ "Pumped hydro". IHA hydropower. 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pompopgaarskema.