Poppiesbos

plant spesie

Die Poppiesbos (Paranomus longicaulis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die oostelike Langeberg vanaf Garciapas tot die Attakwaskloof.

Poppiesbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Paranomus
Spesie:
P. longicaulis
Binomiale naam
Paranomus longicaulis
Salisb. ex Knight, (1809)
Sinonieme
  • Nivenia diversifolia E.Phillips & Hutch.
  • Paranomus diversifolius (E.Phillips & Hutch.) E.Phillips
  • Protea diversifolia Poir.
  • Soranthe diversifolia Kuntze
  • Sorocephalus diversifolius R.Br.

Die struik word tot 2.5 m hoog en blom hoofsaaklik van September tot Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen grond op hoogtes van 400 - 600 m.

In Engels staan die struik as die Exploding baked apple asook woolly sceptre bekend.

Bronnelys

wysig