Portaal:Rusland/Weet
- Weliki Oestjoeg is die tuiste van die Russiese Kersvader, Djed Moroz.
- Die pragtige Katedraal van Christus die Verlosser is ná die Russiese Rewolusie deur Stalin laat sloop om plek te maak vir ’n Paleis van Sowjets. Bouwerk is onderbreek weens ’n tekort aan geld, die uitbreek van oorlog en oorstromings deur die nabygeleë Moskwa-rivier. Die terrein is later omskep in die wêreld se grootste opelugswembad.
- Die eerste satelliet om die aarde, Spoetnik, se naam beteken bloot "satelliet" in Russies. Dit is saamgestel uit woorddele wat ’n woord soortgelyk aan "medereisiger" vorm.
- Die slengtaal Nadsat wat Anthony Burgess in sy boek A Clockwork Orange gebruik het, was grotendeels geskoei op Russies.
- Die Russiese mafia is nie net een bende nie, maar verskillende, uiteenlopende georganiseerde-misdaad-sindikate wat in die voormalige Sowjetunie ontstaan het.