Pous Bonifatius I
Bonifatius I was die 42ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Bonifatius I | |
---|---|
Geboortenaam | Jocundus of Secundius |
Pontifikaat begin | 28 Desember 418 |
Pontifikaat eindig | 4 September 422 |
Voorganger | Zosimus |
Opvolger | Celestinus I |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 4 September 422 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Bonifatius |
Biografie
wysigPous Bonifatius I is gebore as Jocundus of Secundius. Sy geboortedatum en geboorteplek is onbekend. Op 28 Desember 418 volg hy Pous Zosimus op en regeer tot sy dood op 4 September 422. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus I. Die naam ‘Bonifatius’ beteken ‘weldoener’.
Pontifikaat
wysigPous Bonifatius I was een van die twee kandidate om pous te word na die dood van Pous Zosimus. Die ander kandidaat was Eulalius wat later teenpous geword het. Na die dood van Pous Zosimus was daar 'n konflik oor die rigting wat die kerk moet volg. Al twee partye het 'n pous verkies (kronologies eers Teenpous Eulalius en toe Bonifatius) en daar is besluit om keiser Honorius te vra om die finale keuse te maak. Die keiser belê 'n sinode in Ravenna op 8 Februarie 419 en het beide kandidate uit Rome weggestuur tot na die besluit. Teenpous Eulalius het egter na Rome teruggekom teen die keiser se bevel en die keiser het toe Pous Bonifatius as Pous aangestel.
Augustinus het meerdere van sy werke aan Pous Bonifatius opgedra. Bonifatius het ook die Pelagianisme verwerp. Hy het ook keiser Theodosius II van die Oos-Romeinse Ryk oorgehaal om Illiricum aan Rome toe te ken eerder as aan Konstantinopel.
Verering
wysigPous Bonifatius I word as 'n heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 25 Oktober.
Verwysings
wysig- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Bonifacius I. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- Ekumeniese Heiligesleksikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Nota
wysigSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Zosimus |
Pous (Pontifex Maximus) 418 – 422 |
Opgevolg deur Celestinus I |