Pous Leo V
Leo V was die 118de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Leo V | |
---|---|
Pontifikaat begin | Augustus 903 |
Pontifikaat eindig | September 903 |
Voorganger | Benedictus IV |
Opvolger | Sergius III |
Gebore | Ardea, Italië |
Sterf | September 903 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo V |
Biografie
wysigPous Leo V is waarskynlik gebore in Ardea, Italië. In Julie of Augustus 903 volg hy Pous Benedictus IV op en regeer tot hy deur die kardinaal en Teenpous Christoforus gevange geneem en afgeset word, nadat hy slegs 30 dae regeer het. Hy word opgevolg deur Pous Sergius III. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pontifikaat
wysigDaar is min bekend oor Pous Leo V. Volgens 'n Bretonse legende het Sint Tugdual, die patroonheilige van Treguier, as pelgrim na Rome gegaan het en is daar tot pous verkies. Ondersteuning vir die storie word gevind in die feit dat Leo V in die amptelike lyste aangegee word as "Leo britigena".
Volgens ander bronne kom hy uit Priapi, 'n dorpie naby Ardea, suid van Rome. Blykbaar was hy voor sy verkiesing nie 'n kardinaal nie.
Slegs een besluit van Leo V is bekend, waar hy 'n groep kanunnike uit Bologne vrygestel het van 'n aantal belastings.
Sy dood is ook in onsekerheid gehul. Volgens sommige bronne is hy deur Christoforus gevange geneem en verwurg[1] en ander bronne meen dat hy deur Pous Sergius III wat Christoforus 'n paar maande later verdryf het, bevry is en dat hy sy laaste dae in 'n klooster deurgebring het.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ "Leo V." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 17 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9047791[dooie skakel]>.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Benedictus IV |
Pous (Pontifex Maximus) 903 – 903 |
Opgevolg deur Sergius III |