Pous Benedictus IV
Benedictus IV was die 117de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Benedictus IV | |
---|---|
Pontifikaat begin | 1 Februarie 900 |
Pontifikaat eindig | Julie of Augustus 903 |
Voorganger | Johannes IX |
Opvolger | Leo V |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | Julie 903 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Benedictus |
Biografie
wysigPous Benedictus IV is gebore in Rome uit 'n adellike familie, die seun van Mammalus. Hy word tot priester gewy deur Pous Formosus. Op 1 Februarie 900 (of Mei / Junie volgens die "Chronicle of the Popes" en BBKL) volg hy Pous Johannes IX op en regeer tot sy dood in Julie of Augustus 903. Hy word opgevolg deur Pous Leo V. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'die geseënde'.
Pontifikaat
wysigPous Benedictus IV kroon Lodewyk van die Provence (ook die Blinde genoem), koning van die Lombarde tot keiser in 901. In dieselfde jaar ekskommunikeer hy beide Boudewyn II van Vlaandere en sy handlanger Winedmar (die direkte moordenaar) weens die moord op aartsbiskop Fulk van Reims op 17 Junie 900.[1] Hy sterf is die somer van 903.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ Benedict IV. (2008). In Encyclopædia Britannica. Besoek 16 Mei, 2008, http://www.britannica.com/eb/article-9078559
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Johannes IX |
Pous (Pontifex Maximus) 900 – 903 |
Opgevolg deur Leo V |