Pous Leo VIII
Leo VIII was die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Leo VIII | |
---|---|
Pontifikaat begin | 4 Desember 963 |
Pontifikaat eindig | 26 Februarie 964 |
Voorganger | Johannes XII |
Opvolger | Benedictus V |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 1 Maart 965 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo |
Biografie
wysigPous Leo VIII is in Rome, Italië gebore as die seun van Johannes. Op 4 Desember 963 volg hy Pous Johannes XII op en regeer tot sy afsetting op 26 Februarie 964. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus V. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pontifikaat
wysigDie termyn van Pous Leo VIII was omstrede. Eerstens word hy 'n teenpous toe die afsetting van Pous Johannes XII ongeldig verklaar is. Tweedens is hy self afgeset op 26 Februarie 964. Omrede die afsetting ongeldig verklaar is, was hy pous tot sy dood op 1 Maart 965.
Toe Leo VIII tot pous verkies is, was hy nie eers 'n priester nie. Hy is tot priester en biskop gewy binne een dag deur Sico, biskop van Ostia. Sy verkiesing was op aandrang van keiser Otto I.[1] Daar word beweer dat Leo sy eie afsetting goedgekeur het.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ Mann, Horace. "Pope Leo VIII." The Catholic Encyclopedia. Vol. 9. New York: Robert Appleton Company, 1910. 29 Mei 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/09160b.htm>.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue (Duits)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Johannes XII |
Pous (Pontifex Maximus) 963 – 964 |
Opgevolg deur Benedictus V |