Pous Marinus II
Marinus II was die 128ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Die pous se naam is in die Middeleeue soms as Martinus III gegee as gevolg van 'n verwarring tussen Marinus en Martinus.
Pous Marinus II | |
---|---|
Pontifikaat begin | 30 Oktober 942 |
Pontifikaat eindig | Vroeg Mei 946 |
Voorganger | Stefanus VIII (IX) |
Opvolger | Agapetus II |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | Vroeg Mei 946 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Marinus |
Biografie
wysigPous Marinus II is gebore in Rome, Italië. Voor sy verkiesing was Marinus kardinaal-priester van Sint Ciriacus. Op 30 Oktober 942 volg hy Pous Stefanus VIII (IX) op en regeer tot sy dood vroeg in Mei 946. Hy word opgevolg deur Pous Agapetus II. Die naam ‘Marinus’ beteken 'seeman'.
Pontifikaat
wysigPous Marinus II is verkies deur die invloed van Alberic II van Spoleto, prins van Rome.[1] Hy steun die hervorming van die kloosterwese. Marinus het hom beywer vir die herbou van kerke en die versorging van die armes.
In 942 besoek Ulrich, biskop van Ausburg die pous en in 943 Hadamar, ab van Fulda. In 945 verplaas hy die Boudewyn van Cluny van Monte Cassino na Sint Paulus buite die Mure.
Toe Sicus, biskop van Capua, 'n kerk van die Benediktynse monnike gevat het en dit aan een van sy diakens gegee het, het Marinus die kerk aan die monnike teruggegee.
Bibliografie
wysig- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
wysig- ↑ "Marinus II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 24 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9050965[dooie skakel]>.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Stefanus VIII |
Pous (Pontifex Maximus) 942 – 946 |
Opgevolg deur Agapetus II |