Pous Severinus
Severinus was die 71ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Severinus | |
---|---|
Pontifikaat begin | 28 Mei 640 |
Pontifikaat eindig | 2 Augustus 640 |
Voorganger | Honorius I |
Opvolger | Johannes IV |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 2 Augustus 640 Rome, Italië |
Biografie
wysigPous Severinus is gebore in Rome, die seun van Abienus. Op 15 Oktober 638 drie dae na die dood van sy voorganger Pous Honorius I, word hy as Pous verkies, maar eers op 28 Mei 640 bevestig die keiser sy verkiesing. Hy regeer tot sy dood op 2 Augustus 640. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IV. Argeoloë het Latynse geskrifte in sy graftombe gevind wat daarop dui dat Severinus 'n Jood was wat sy afkoms geheim gehou het. Die naam ‘Severinus’ is afgelei van die ou Romeinse Severo en beteken 'die ernstige'.
Pontifikaat
wysigDie keiser van Bisantium, keiser Heraclius het aanvanklik geweier om Severinus as pous te bevestig. Hy wou hê dat Severinus die Echetis teken. Die Echetis is 'n geloofsbelydenis wat die Monotelitisme onderskryf. Monotelitisme is as kettery beskou (Severinus se voorganger Pous Honorius I is juis daaroor as ketter veroordeel deur die derde konsilie van Konstantinopel in 680). Severinus het geweier. Die keiser het hom twee jaar lank sy pontifikaat ontsê. In die tyd plunder Isacius van Ravenna onder beskerming van Heraclius, die Vatikaan. Nadat Severinus uiteindelik as pous bevestig is op 28 Mei 640, regeer hy slegs kort tot sy dood op 2 Augustus 640. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IV wat ook deur die stryd met die Monotelitisme beïnvloed word.
Bibliografie
wysig- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Honorius I |
Pous (Pontifex Maximus) 640 – 640 |
Opgevolg deur Johannes IV |