Prešov
Prešov is 'n groot nedersetting in Slowakye. Dit is die derde grootste stad in Slowakye, met ongeveer 91 352 inwoners.
Geskiedenis
wysigDie stad is in die eerste helfte van die 12de eeu gestig. Deur die Mongoolse inval van 1241/42 het die streek ontvolk geraak en het die Hongaarse koning Bela IV Sakse genooi om die nedersetting opnuut te bevolk. In die 15de eeu word die stad tot koninklike vrystad verhef en word dit 'n belangrike handelstad wat aan die pad van Bisantium-Belgrado-Warskou lê.[1]