Prins Eduard-eiland
- Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse eiland in die suidelike Indiese Oseaan. Vir die Kanadese provinsie, sien Prins-Edward-eiland.
Prins Eduard-eiland (Engels: Prince Edward Island) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan en behoort sedert 1947 tot Suid-Afrika, sedert 1994 tot die provinsie Wes-Kaap en maak administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Die eiland is die kleiner en noordoostelike van die twee Prins Eduard-eilande en huisves in teenstelling met die suidwestelike Marion-eiland geen gletser nie. Die eiland is op 13 Januarie 1773 deur die Franse ontdekkingsreisiger Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek en in Desember 1776 deur die Britse ontdekkingsreisiger James Cook ná Prins Edward, die vierde seun van koning George III en die pa van koningin Victoria, genoem.
Prins Eduard-eiland | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Prins Eduard-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Suid-Afrika, Indiese Oseaan |
Koördinate | 46°39′S 37°57′O / 46.650°S 37.950°O |
Argipel | Prins Eduard-eilande
|
Oppervlakte | 45 vk km |
Hoogste punt | Van Zinderen Bakker Peak 672 m |
Administrasie | |
Suid-Afrika | |
Provinsie | Wes-Kaap
|
Fauna
wysigDie Marionwalvisvoël broei uit op dié eiland.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- (en) Prins Eduard-eiland in die Global Volcanism Program van die Smithsonian Institution
- (en) "Prince Edward Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Julie 2018.