Maak hoofkeuseskerm oop

Prins Eduard-eilande

Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan. Vir die Kanadese provinsie, sien Prins-Edward-eiland.

Prins Eduard-eilande (Engels: Prince Edward Islands) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan en behoort sedert 1947 tot Suid-Afrika, sedert 1994 tot die provinsie Wes-Kaap en maak administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Die eilandgroep bestaan uit die twee eilande Prins Eduard-eiland en Marion-eiland. Die Prins Eduard-eilande het 'n oppervlakte van 335 km² en lê halfpad tussen Suid-Afrika en Antarktika. Die eilande is op 13 Januarie 1773 deur die Franse ontdekkingsreisiger Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek en in Desember 1776 deur die Britse ontdekkingsreisiger James CookPrins Edward, die vierde seun van koning George III en die pa van koningin Victoria, genoem.

Prins Eduard-eilande
Nasa-Satellietbeeld van die Prins Eduard-eilande
Nasa-Satellietbeeld van die Prins Eduard-eilande
Geografie

Ligging Suid-Afrika, Indiese Oseaan
Koördinate 46°46′S 37°51′O / 46.767°S 37.850°O / -46.767; 37.850Koördinate: 46°46′S 37°51′O / 46.767°S 37.850°O / -46.767; 37.850

Totale eilande 2
Hoofeilande Marion-eiland, Prins Eduard-eiland
Oppervlakte 335 vk km
Hoogste punt Mascarin Peak 1 242 m
Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap

Demografie
Bevolking 50 (wetenskaplikes)

Ligging van die Prins Eduard-eilande in die Indiese Oseaan
Kaart van die Prins Eduard-eilande

Sien ookWysig

Eksterne skakelsWysig

  Hierdie Suid-Afrika-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.