Prinsesvlei
Die Prinsesvlei is ‘n klein meer op die Kaapse Vlakte.
Dit is by die koördinate 34° 2′ suid en 18° 28′ oos en lê langs die Prins George-weg (M5) en tussen Southfield, Grassy Park, Retreat en Heathfield en ten noordweste van die Zeekoevlei. Prinsesvlei is bekend om sy voëllewe, wateruintjies en die volop karpers. Voorheen is daar ook forel gevang. Eers was dit bekend as die Diepriviervlei omdat dit aan die Dieprivier verbind was. Metterjare het die vlei in twee verdeel, die Prinsesvlei en die Klein-Prinsesvlei. Slegs laasgenoemde is nog aan die rivier verbind. Die vlei is vernoem na dieselfde Khoi-prinses as die Prinskasteelrivier.
Bibliografie
wysig- Burman, Jose: Safe to the Sea. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
- Green, Lawrence G.: Tavern of the Seas. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
- Slingsby, Peter: Exploring the Cape Peninsula. Cape Town’s southern suburbs. Muizenberg: Slingsby Maps, 1913. ISBN 978-1-920377-11-3 www.slingsbymaps.com