Zeekoevlei

varswatermeer op die Kaapse Vlakte, Kaapstad

Zeekoevlei is die grootste varswatermeer in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Zeekoevlei

Ligging

wysig

Die meer is by 34° 04′ suid, 18° 31′ oos, in die suidwestelike hoek van die digbevolkte Kaapse Vlakte en oos van die Rondevlei-natuurreservaat. Gevestigde woonbuurte soos Retreat, Grassy Park, Lotusrivier, Pelikan Park en Lavender Hill omring die vlei. Aan die suidekant skei lae kusduine, die watersuiweringsinstallasie van Stad Kaapstad en die Baden Powell-rylaan (R310) dit van Valsbaai.

Die meer het ‘n maksimum kapasiteit van 5 000 megaliter en beslaan dan ‘n oppervlakte van 250 ha en ‘n omtrek van 12.6 km. Die opvangsgebied is 80 km² en die Lotusrivier mond in die vlei uit. Alhoewel die gemidelde diepte net onder die 2 m is, staan die water in die reënseisoen soms ‘n ½ m hoër. Dan gebeur dit dat die vlei oorloop en die water via die Zeekoevleikanaal na Valsbaai vloei.

Gebruik

wysig

Die Zeekoevlei-natuurreservaat van 344 ha is in die jaar 2000 gestig. Allerhande soort watersport, piekniek, kampeer, hardloop, visvang en voëkyk vind hier plaas. Pelikane en flaminke kom ook voor.

Geskiedenis

wysig

Na Jan van Riebeeck in Februarie 1656 Zeekoeijen Valley besoek het, verdeel dit in die huidige Zeekoevlei en Rondevlei. Hy het hier seekoeie en renosters aangetref en lord Charles Somerset het hier selfs ‘n jaghut gehad. ‘n Oorlewering uit die 19de eeu lui dat twee kinders wat beeste opgepas en verlore geraak het, waarskynlik in die welsand verdwyn het.

Bibliografie

wysig
  • Burman, Jose: Safe to the Sea. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
  • Green, Lawrence G.: Tavern of the Seas. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
  • Slingsby, Peter: Exploring the Cape Peninsula. Cape Town’s southern suburbs. Muizenberg: Slings Maps, 1913. ISBN 978-1-920377-11-3 www.slingsbymaps.com