Professor X
Professor X (Charles Francis Xavier) is 'n karakter in strokiesverhale van Marvel Comics. Hy is deur die skrywer-redakteur Stan Lee en kunstenaar Jack Kirby geskep en het die eerste keer in The X-Men #1 (September 1963) verskyn. Die karakter word uitgebeeld as die stigter en per geleentheid die leier van die X-Men
Professor X | |
'n Cosplayer as Professor X.
| |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | The X-Men #1 (September 1963) |
Geskep deur | Marvel Comics Stan Lee en Jack Kirby |
Inligting | |
Ander name | Charles Francis Xavier |
Byname | Onslaught, Founder, Doctor X, Warlord, Entity, X, Prisoner M-13 |
Spesie | Mutant |
Geslag | Manlik |
Karakter
wysigXavier is lid van 'n subspesie bekend as mutante, wat met bomenslike vermoëns gebore word. Hy is 'n buitengewoon goeie telepaat wat die gedagtes van ander kan lees en beheer. Hy bedryf 'n privaat skool vir mutante in die X-Mansion in New York.[1] Xavier bevorder ook vreedsame saambestaan en gelykheid tussen mense en mutante in 'n wêreld waar vooroordeel jeens mutante algemeen is.
Deur 'n groot deel van sy geskiedenis word Xavier as 'n parapleeg uitgebeeld; hy sit in 'n rolstoel. Hy is ook 'n wetenskaplike genie en 'n vooraanstaande gesag in genetika. Hy het Cerebro en ander toerusting uitgevind om psioniese kragte te verbeter en mense met die mutantgeen op te spoor.
Xavier se pasifistiese en assimilerende ideologie en dade word dikwels gekontrasteer met dié van Magneto, 'n mutantleier (wat aanvanklik as 'n superskurk uitgebeeld is, maar later as 'n ingewikkelde antiheld) met wie Xavier 'n gekompliseerde verhouding het. Die skrywer wat Magneto se agtergrond en verhouding met Xavier geskryf het, het sy uitbeelding van Xavier geskoei op David Ben-Gurion en dié van Magneto op Menachem Begin.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Sanderson, Peter (2007). The Marvel Comics Guide to New York City. New York City: Pocket Books. p. 214. ISBN 978-1-4165-3141-8.
- ↑ Foege, Alex (17 Julie 2000). "The X-Men Files". New York Magazine. Vox Media, LLC. Besoek op 4 April 2022.
Skakels
wysig- Professor X in die Marvel Database, 'n wiki van Marvel Comics
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.