Psoralea fascicularis
Psoralea fascicularis is 'n plantspesie in die familie Fabaceae.[3] Dit is endemies aan die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika en word weens sy dalende bevolking deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (Engels: International Union for Conservation of Nature; IUCN) as bedreig gelys.[1]
Psoralea fascicularis | |
---|---|
P. fascicularis in habitat in die Soetvlei-groengordel, Kaapstad. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Psoralea |
Spesie: | P. fascicularis
|
Binomiale naam | |
Psoralea fascicularis DC., (1825)
| |
Sinonieme[2] | |
Etimologie
wysigDie genusnaam, Psoralea, word afgelei van die Griekse woord psoraleos, wat "vratagtig" beteken en na die vratagtige strukture op die bas van sommige van die spesies aangetref word.[4] Die soortnaam, "fascicularis" verwys na 'n bondel of tros.[5]
Geskiedenis
wysigP. fascicularis word die eerste deur die Switserse plantkundige Augustin Pyramus de Candolle in 1825 beskryf.[6][7]
Beskrywing
wysigDie plant is 'n klein, meerjarige struik. Takke is lang, ingeboë, en dig beblaar. Die blare is haarloos en drievoudig; jong blare is lansetvormig met 'n skerp punt. Die steunblare is opvallend groot en aan die basis van die blaarsteel geleë.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Stirton, C.H.; Raimondo, D. (2014). "Psoralea fascicularis". IUCN Red List of Threatened Species. IUCN. 2014: e.T47608216A47611127. doi:10.2305/IUCN.UK.2014-3.RLTS.T47608216A47611127.en.
- ↑ "Psoralea fascicularis". Global Biodiversity Information Facility (in Engels). Besoek op 21 Julie 2021.
- ↑ "Psoralea fascicularis DC. | Plants of the World Online | Kew Science". Plants of the World Online (in Engels). Besoek op 20 Julie 2021.
- ↑ "Psoralea pinnata | PlantZAfrica". pza.sanbi.org. Besoek op 21 Julie 2021.
- ↑ "Psoralea fascicularis | CasaBio". casabio.org. Besoek op 30 Julie 2021.
- ↑ "Augustin Pyrame de Candolle | Swiss botanist". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 21 Julie 2021.
- ↑ "Psoralea fascicularis | International Plant Names Index". www.ipni.org. Besoek op 21 Julie 2021.