Swartoogtiptol

(Aangestuur vanaf Pycnonotus barbatus)

Die Swartoogtiptol (Pycnonotus barbatus) is 'n sangvoël in die familie van tiptolle.

Swartoogtiptol
Swartoogtiptol
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. barbatus
Binomiale naam
Pycnonotus barbatus
(Desfontaines, 1789)
Die verspreiding van die swartoogtiptol in Suider-Afrika

Swartoogtiptolle is 19–21 cm lank met 'n vaal- tot donkergrys veredos en 'n lang stert. Die kop is roetswart, tussen die oog en die snawel byna geheel en al swart. Die vlerke is donkergrys en die stert is dofswart. Die buik is liggrys-bruin met 'n wit anale streek.

Die voëls is 'n omnivoor, wat hoofsaaklik vrugte eet, maar dit vreet ook insekte.

Hulle lê meestal 2 tot 3 eiers, wat in 12 dae uitgebroei word. Die kleintjies word deur beide ouers grootgemaak.

Suid-Afrikaanse voëls

wysig

Eksterne skakels

wysig