R353 (Suid-Afrika)
Die R353 is 'n streeksroete in Suid-Afrika, wat Leeu-Gamka met Brandvlei verbind via Fraserburg en Williston.
Streeksroete R353 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Noordpunt | R357 Brandvlei | |||
R63 R356 | ||||
Suidpunt | N1 Leeu-Gamka | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Fraserburg Williston | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die roete se noordoostelike terminus is die R357 by Brandvlei, Noord-Kaap. Dit loop aanvanklik suid, dan suidoos tot by Williston waar dit die R63 kruis, en gaan verder suidoos tot by Fraserburg. By Fraserburg kruis dit die R356 by nog 'n verspringende kruising. Van Fraserburg af gaan dit in 'n suid-suidooste rigting. Hierna volg dit die Theekloofpas oor die Nuweveldberge om die Wes-Kaap binne te gaan. Die roete eindig by Leeu-Gamka teen die N1.