Williston, Noord-Kaap

Williston is 'n dorp in die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit van die Noord-Kaapprovinsie in Suid-Afrika.

Williston
Williston
Williston
Williston is in Noord-Kaap
Williston
Williston
 Williston se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 31°21′S 20°55′O / 31.350°S 20.917°O / -31.350; 20.917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitKaroo Hoogland
Oppervlak
 • Totaal77,95 km2 (30,10 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal3 368
 • Digtheid43/km2 (110/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense9.4%
 • Indiërs/Asiërs0.8%
 • Bruin mense83.6%
 • Swart mense5.6%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans 96.2%
 • Xhosa 1.3%
 • Engels 1.2%
 • Ander 1.3%
Poskode (strate)
8920
Skakelkode053
Die kerkgebou van die NG gemeente Williston is in 1912 ingewy.

Geskiedenis

wysig

Johan Abraham Nel, 'n burger van Stellenbosch, het op 10 Julie 1768 gedurende die geboorte van sy seun by 'n fontein naby die Sakrivier gerus en by hierdie geleentheid 'n amandelboompie geplant. Dit het later tot 'n reusagtige boom en 'n soort oase in die andersins boomlose gebied van die Karooberge ontwikkel.

Die Switser Johann Heinrich Lutz het hier in 1845 'n Rynse sendingstasie opgerig en dit Amandelboom genoem. Die naam is later ter ere van die Britse koloniale sekretaris van die Kaapprovinsie, H. Willis, gewysig tot Williston.

Karoo Hoogland munisipale area strek oor 'n oppervlak van 32 274 vierkante kilometer en Williston het in 1926 'n amptelike distrik geword. Die plaaslike ekonomie steun veral op skaapteelt.

Besienswaardighede

wysig

Williston staan bekend vir sy "grafsteenroete", 'n huldeblyk aan die plaaslike grafsteenmakers, wat van hulle ambag 'n soort volkskuns gemaak het. Grafstene word van die plaaslike sandsteen gemaak.

Boorlinge

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Williston". Sensus 2011.

Bibliografie

wysig
  • Kruger, Nina: A socio-environmental history of water in the Karoo c. 1712 - 2012, with specific focus on Prince Albert and Williston. Universiteit van Stellenbosch: ongepubliseerde M.A.-verhandeling, 2013